Geingob wis niks van Oropoko
Geingob wis niks van Oropoko

Geingob wis niks van Oropoko

Die aankoop van 'n spogwildplaas het in die Nasionale Vergadering gaan draai.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die vloed negatiewe publisiteit oor die aankoop van ‘n peperduur gasteplaas deur die ministerie van verdediging, terwyl soldate huis toe gestuur is omdat die weermag geld wou spaar, het in die Nasionale Vergadering (NV) gedraai.

Pres. Hage Geingob het met die aankoop van die Oropoko-gasteplaas in Oktober verlede jaar van geen sout of water geweet nie.

Dié erkenning is gister in die NV deur die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo gemaak toe hy ‘n ministeriële verklaring voorgelees het oor die omstredenheid waarin die ministerie die afgelope tyd gedompel is.

As rede vir hoekom Geingob, wat ook die opperbevelvoer van die weermag is, nie van die aankoop van N$45 miljoen in kennis gestel is nie, het Ndakolo die president se “besige skedule” aangevoer.

Hy is egter sedertdien daarvan ingelig.

Ya Ndakolo sê met die totstandkoming van die weermag in 1990 was daar nie voldoende infrastruktuur om die weermag te huisves nie. Strukture van die Suid-Afrikaanse weermag en die Suidwes-Afrika Gebiedsmag was van voorafvervaardigde materiaal gebou en het sedertdien vervalle geraak.

Gevolglik was daar ‘n behoefte om nuwe basisse en opleidingsterreine op te rig.

In 2010 het die weermag die plaas Etiro naby Karibib aangeskaf met die oog daarop om ‘n weermagbasis daar te vestig. Die koste vir die bou van ‘n militêre basis wat 300 soldate kan huisves, is op N$2,37 miljard beraam.

Met die aankoop van Oropoko het ‘n weermag geriewe vir die huisves van 300 soldate, ‘n landingstrook vir vliegtuie, ‘n plek waar helikopters kan land, ‘n skietbaan, swembad, wasgeriewe vir klere, ‘n konferensiesentrum, ‘n werktuigkundige werkswinkel en onafhanklike waterinfrastruktuur gekry. Oropoko is boonop aan die nasionale elektriteitsnetwerk gekoppel.

Gevolglik sou die aankoop van Oropoko met sy bestaande infrastruktuur ‘n groot besparing vir die ministerie teweeg bring in vergelyking met die koste om ‘n nuwe basis op Etiro te bou.

In 2016 het die ministerie van verdediging die ministerie van werke en vervoer genader om die plaas te evalueer. ‘n Waardasie van die ministerie van grondhervorming het aan die lig gebring dat die plaas N$43,76 miljoen werd is. Ná onderhandelinge met die eienaar, wat aanvanklik N$103 miljoen vir die plaas wou hê, is ooreengekom op ‘n koopprys van N$45 miljoen.

Die kontrak is op 15 Maart 2017 deur die eienaar van die plaas en die permanente sekretaris van werke en vervoer onderteken.

Die plaas is op 23 Oktober 2017 in die naam van die regering geregistreer.

Volgens Ya Ndakolo is die eenheid wat vir die plaas bestem is, reeds daar gestasioneer.

Hy het ook die versekering gegee dat die nodige regsprosesse gevolg is en dat dit onder andere deur die prokureur-generaal en die ministerie van finansies behartig is.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32%