Geingob vergader met Nudo-leiers
Die Nasionale Eenheid Demokratiese Organisasie (Nudo) se nuwe leiers het pres. Hage Geingob vandag by Staatshuis besoek.
Onder meer is vergoeding vir die volksmoord van 1904 tot 1908 bespreek, hervestiging, Operasie Kalahariwoestyn, die droogte – veral op Aminus, die verkoop van grond aan buitelanders en weidingsgeskille.
Op die foto is Nudo se sekretaris-generaal, mnr. Joseph Kauandenge, asook die party se nuwe president, me. Esther Muinjangue, wat die besoek gelei het. By Geingob is die minister in die presidensie verantwoordelik vir nasionale beplanning en direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, mnr. Obeth Kandjoze, die presidensiële raadgewer vir beleidstoepassing en monitering, me. Penny Akwenye, en die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari.
Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie