Geingob: Su00e1u00e1m sal Namibiu00ebrs seu00ebvier
Geingob: Su00e1u00e1m sal Namibiu00ebrs seu00ebvier

Geingob: Sáám sal Namibiërs seëvier

Ingevolge sy grondwetlike verpligting het pres. Hage Geingob gister sy jaarlikse staatsrede in die parlement gelewer.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - ‘n Gelykheidsaandeel van 25% in sakeondernemings wat ingevolge die Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtigingsraamwerk (NEEEF) voorgestel is, is van die baan.

Pres. Hage Geingob het gister in sy staatsrede gesê dié voorstel sou nie breëbasisbemagtiging tot gevolg gehad het nie.

Hy het na uitlatings deur prof. Roman Grynberg verwys wat gesê het die meeste Namibiërs, veral voorheen benadeeldes, het nie genoeg bronne tot hul beskikking om in bemagtigingstransaksies te belê nie en het ook nie toegang tot finansiering om aan sulke transaksies deel te neem nie.

“Sommige sektore soos veral mynbou is kapitaal-intensief en kom met groot risiko’s in die eksplorasiefase. Ons word gelei deur die Marxistiese beginsel van ‘elkeen volgens sy of haar behoeftes en elkeen volgens sy of haar vermoë’. Die regering se rol is om ‘n voordelige sake-omgewing te skep waar eienaars, hetsy swart of wit, wat kapitaal kan waag, aan enige gelykheidstransaksies ingevolge NEEEF kan deelneem. Diegene wat voordele uit aankope deur die staat wil trek, sal meer moet doen om aan NEEEF te voldoen,” het Geingob gesê.

Grond

Wat die grondkwessie betref, sê Geingob die vrywillige-verkoper-gewillige-koperbeleid het nie die verwagte resultate opgelewer nie.

Die tweede grondkonferensie sal dus in die eerste week van Oktober vanjaar gehou word waar die struktuur van grondhervorming bespreek sal word.

Dit sal insluit: Die vrywillige-verkoper-gewillige-koperbeginsel, die eis vir voorvaderlike grond, onteiening in openbare belang vir regverdige vergoeding soos die Grondwet daarvoor voorsiening maak, die kriteria vir stedelike grondhervorming en hervestiging, asook die veeartseny-grens (Rooilyn).

'Growth at Home'

Van die strategieë wat ingevolge die Growth at Home-strategie in die vooruitsig gestel word om Namibië teen 2030 ‘n nywerheidsland te maak, sluit volgens Geingob in: Die totstandkoming van die Houtskoolvereniging in 2017, ‘n hersiene bystandskema vir toerusting wat in 2016 ingestel is en reeds 187 klein- en mediumsakeondernemings bevoordeel het, en ‘n handves vir die Namibiese kleinhandelsektor wat groter momentum in die grimering en akkerbousektore gegee het.

Voorts word ‘n motormonteeraanleg gesamentlik deur die Namibiese Ontwikkelingskorporasie en Peugeot opgerig en die eerste voertuie sal teen November vanjaar van die monteerband afrol. ‘n Aantal studente met beroepsopleiding sal in die tweede helfte van vanjaar by Peugeot in Frankryk opleiding ontvang.

‘n Meubelfabriek is op Keetmanshoop opgerig en behoort teen die tweede helfde van die jaar met produksie te begin.

Ekonomie

Wat Angola se skuld aan Namibië betref, sê Geingob die noordelike buurstaat se regering het verlede jaar vier terugbetalings ten bedrae van N$3 miljard gemaak.

Die uitstaande N$1,2 miljard sal volgens Geingob teen Junie vanjaar afbetaal wees.

Geingob sal ook in die komende weke ‘n hoëvlakpaneel belas met die ekonomie aanwys. Dit sal uit 12 vooraanstaande persone bestaan, wat uit verskillende sektore sal kom en twee buitelandse deskundiges sal insluit.

Behuising

Volgens Geingob sal die Harambee-behuisingsteiken van 10 000 huise vir die medium termyn oortref word. Altesaam 3 098 huise is reeds voltooi en 3 300 is onder konstruksie. Altesaam 8 769 nuwe erwe is reeds teen Maart vanjaar gediens, met 5 874 wat eersdaags voltooi sal wees. Die mediumtermynteiken vir gedienste erwe was 13 000 erwe.

“Om die belofte van voorspoed gestand te doen, word ‘n verenigde nasie vereis. Selfs in die moeilikste uur het ek altyd onfeilbare vertroue in die vermoë van die mense van Namibië gehad om die struikelblokke te oorkom en ons missie te verwesenlik. Verenig in ons verskeidenheid sal ons saam die reusetaak van ontwikkeling en gedeelde voorspoed verseker,” het Geingob gesê.

KASSIE:

HOOGTEPUNTE VAN STAATSREDE

• Maatreëls geïmplementeer om welvaart te herversprei

• 25%-gelykheidsaandeel van NEEEF geskrap

• Tweede grondkonferensie eerste week van Oktober 2018

• Projekte vir Growth at Home geïdentifiseer

• Behuisingsteikens vir die medium termyn sal oortref word

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!