Geingob open parlement
Pres. Hage Geingob en sy gevolg het pas (Disndagmiddag) in die Nasionale Vergadering ingestap vir die amptelike opening van die 2017 parlementsjaar.
Die Speaker, prof. Peter Katjavivi, is besig met verwelkomings van al die hoogwaardigheidsbekleëers wat die openingsitting bywoon.
Die amptelike opening van die parlement is jaarliks 'n gesamentlike sitting van die twee huise van die parlement, die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad asook die regsbank.
Volgens die grondwet is dit voorgeskryf wat die drie pilare van die staat, die uitvoerende, wetgewende en regsprekende gesag die opening van die parlement bywoon.
In sy verwelkomingsrede het Katjavivi verwys na die noodsaaklikheid van hierdie gesamentlike sitting sodat die ekonomiese uitdagings wat die land in die gesig staar, die hoof gebied kan word.
Hoofde van die weermag, polisie en gevangenisdiens woon ook die openingsitting by.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie