Geingob oorhandig huise in Walvisbaai
Geingob oorhandig huise in Walvisbaai

Geingob oorhandig huise in Walvisbaai

Die Massiewe Stedelike Gronddiensprojek (MULSP) is die Harambee-voorspoedplan in aksie.
Otis Finck
Otis Finck – President Hage Geingob het Vrydag twee van 300 huise op Walvisbaai aan hul nuwe eienaars oorhandig wat gebou is op erwe wat as deel van die Massiewe Stedelike Gronddiensprojek (MULSP) gediens is.

Die huise vorm deel van die eerste groep van 760 huise wat in Uitbreidings 5, 6 & 7 in Kuisebmond (520) en Uitbreiding 7 in Narraville (220) deur 42 kontrakteurs gebou word.

Mnr. John Tjituka en sy gesin het die sleutel tot hul tweeslaapkamerhuis van president Geingob ontvang, terwyl mnr. Werner Nangolo en sy gesin die trotse eienaars van ’n nuwe drieslaapkamerhuis in Kuisebmond is.

Volgens Geingob is die uitvoering van die projek ’n vertoonstuk van Harambee in aksie en ’n voorbeeld van wat bereik kan word wanneer mense ’n visie en toewyding deel en in dieselfde rigting beweeg.

“Dit is verblydend om te sien dat, wyl die diens van die grond deur die sentrale regering gefinansier is, die konstruksie van die huise deur die private sektor gefinansier is. Dit is ’n voorbeeld van die wen-wen openbare-private-vennootskap wat deur die regering bepleit word. Ek hoop dié tipe vennootskappe sal landwyd ondersteun word,” het Geingob gesê.

Volgens die president is daar baie Namibiërs wat ’n behoefte aan grond en ordentlike behuising het. Hy het die hoop uitgespreek dat MULSP in Oshakati en Windhoek soortgelyke suksesse sal toon.

“Hoewel ons ’n massiewe uitdaging in die gesig staar om voldoende en bekostigbare gedienste stedelike grond, behuising en verbeterde sanitasie te voorsien, moet ons besef dié uitdagings is nie onoorkombaar nie. Ons moet hande vat en op koers bly, wetend dat hoewel dit tyd en baie hulpbronne gaan vat om die behoeftes van inwoners aan te spreek, ons deur ons gedeelde doelwitte sal voortgaan om dit te voorsien.”

Geingob het die regering en die private sektor aangemoedig om voort te gaan om saam te werk. Hy het voorts ’n beroep op alle rolspelers gedoen om hulself opnuut tot die ontwikkelingsdoelwitte en die skep van ’n Namibiese huis te verbind waarin niemand uitgesluit voel nie.

“Laat ons voortgaan om in eenheid vorentoe te beweeg, met ywer en ’n sin van dringendheid en om alles in ons vermoë te doen om in die maatskaplike behoeftes van ons mense te voorsien.”

Hy het voorts beklemtoon dat uitdagings soos swak sanitasie, die agterstand in die voorsiening van gedienste residensiële erwe, sowel as behoorlike en bekostigbare behuising in beide landelike en stedelike gebiede ’n daadwerklike poging vereis.

“Dit is in die lig hiervan wat ek alle Namibiërs in die konsep van Harambee oproep om kragte saam te snoer om nasionale uitdagings te takel. Ons nasionale oplossing in dié verband is vervat in ons Nasionale Ontwikkelingsplanne, sowel as die Harambee-voorspoedplan waar dié drie gebiede as prioriteite vir ontwikkeling geïdentifiseer is.”

Volgens Geingob het die regering verskeie beleidsinisiatiewe van stapel gestuur en gaan voort om hulpbronne toe te ken om die voorsiening van en verbeterde toegang tot bekostigbare grond, behuising en sanitasie te verseker.

“Met ’n enkele ingryping of projek soos die MULSP kan ons verskeie van ons ontwikkelingsdoelwitte takel.”

Geingob het ook lof gehad vir die Walvisbaaise munisipaliteit wat die slaggate van ander behuisingsinisiatiewe vermy het waar huise onbewoon bly en deur vandale geteister word.

“Die munisipaliteit het sy waglys van aansoekers gefinaliseer en verkoopskontrakte met gekwalifiseerde aansoekers onderteken. Dié model moet deur ander plaaslike owerhede en agentskappe gevolg word wat met die voorsiening van behuising beopdrag is.”

Die president het voorts gesê hy sien uit na soortgelyke tasbare resultate van die Shack Dwellers Federation of Namibia wat 100 erwe ontvang het om bekostigbare huise vir sy lede op Walvisbaai op te rig. Die regering het die MULSP in 2015 van stapel gestuur om voortgesette pogings te bespoedig in terme van die diens en lewering van residensiële en bekostigbare behuising in stedelike gebiede.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%