Geingob ontken SADC-apatie oor Zim
Geingob ontken SADC-apatie oor Zim

Geingob ontken SADC-apatie oor Zim

Die president was wyd onder skoot oor sy stilswye oor die hernude ellende, waaronder die buurland onlangs gebuk gegaan het.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het ontken hy is ongeërg oor die krisis in Zimbabwe.

Die Namibiese staatshoof is sedert verlede jaar die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).

Hy was wyd onder skoot oor sy stilswye oor die hernude ellende, waaronder die buurland onlangs gebuk gegaan het.

Minstens drie mense is in daardie onluste dood.

Tydens ’n TV-onderhoud met NBC die afgelope naweek het Geingob gesê hy beskik oor sowat 10 SADC-presidente se direkte nommers.

Sedert hy as voorsitter aan bewind gekom het, was hy op ’n sending om persoonlike verhoudings met sy eweknieë in SADC te bou, sê Geingob in die onderhoud.

Oor sy kritici wat beweer dat hy stil is oor die Zimbabwe-kwessie, sê hy pres. Emmerson Mnangagwa het hom op die hoogte gebring van wat daar aangaan nadat Mnangagwa teruggekeer het – skynbaar ná sy omstrede besoek aan Rusland.

Tydens dié gesprek het hy wat Geingob is ook vir Mnangagwa ingelig oor hoe sake staan in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK).

Die woordvoerder van die SADC-sekretariaat, me. Barbari Lopi, reageer al vir weke nie op Republikein se navrae oor Zimbabwe nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!