Geingob: Maatreëls teen verspreiding van Covid-19 was suksesvol
Die gemiddelde daaglikse getal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië daal steeds en wel van 317 gevalle wat op 23 Augustus aangemeld is tot die 167 gevalle wat op 12 September aangeteken is. Gister is net 63 nuwe gevalle aangeteken. Volgens president Hage Geingob verteenwoordig dit 'n afname van 30% landwyd in die daaglikse nuwe infeksies die afgelope week.
Volgens Geingob het Walvisbaai, eens die episentrum van die pandemie in die land, op 7 Augustus 102 gevalle aangeteken. Vandag is net drie gevalle op die hawedorp aangeteken. In Windhoek, die nuwe episentrum, is 245 gevalle op 23 Augustus aangeteken, teenoor vandag se 62 nuwe gevalle.
Volgens die staatshoof is dit daarom duidelik dat die maatreëls gewerk het wat ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te onderdruk. Geingob het beklemtoon die opspoor van kontakte en toetsing gaan steeds onverpoos voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie