Geingob, Lubowski hap steeds na mekaar

25 June 2019 | Regering
Denver Kisting – As me. Gabrielle Lubowski nie teen môre ophou om glo vir pres. Hage Geingob te belaster en onvoorwaardelik askies vra nie, gaan die poppe dans.
Geingob se prokureur, mnr. Sisa Namandje, sê Lubowski probeer op ’n absurde manier daarop sinspeel valse en lasterlike aantygings jeens die president was slegs in ’n konsepdokument vervat.
Trouens, maan Namandje, Lubowski kom baie naby daaraan om te redeneer haar beweerde lasterlike leuens kon nie vir Geingob belaster het nie ondanks die wye publikasie daarvan.
Dit gaan die president se regspan se verstand te bowe dat die weduwee van die Swapo-aktivis, adv. Anton Lubowski, beweringe kon maak terwyl sy geweet het dié aantygings beskik oor die potensiaal om Geingob se gevoelens seer te maak en sy waardigheid aan te tas.
Me. Lubowski het vandag by navraag uit Kaapstad gesê sy wil nie in hierdie stadium verdere kommentaar lewer nie.
Namandje sê Geingob verwerp Lubowski se reaksie op die president se eis vir ’n herroeping en onvoorwaardelike verskoning.
Sou sy nie teen die einde van môre daaraan gehoor gee nie, sal ’n geding sonder enige verdere waarskuwing teen haar aanhangig gemaak word.
Lubowski het verlede week ’n storm laat ontketen toe ’n ope brief onthul is waarin sy vir Geingob verkwalik vir haar man se dood op 12 September 1989. Niemand is ooit weens sy sluipmoord verhoor nie.
Volgens die ope brief was die staatshoof die laaste mens wat met haar oorlede man gepraat het.
Die afgelope week het me. Lubowski teruggekrabbel en gesê Geingob was een van die laaste mense met wie haar man voor sy dood gepraat het.
Sy sê sy probeer al vir 30 jaar om ’n gesprek met Geingob oor dié gesprek te hê. Sy is van mening dit sal hulle albei help met afsluiting.
Namandje sê me. Lubowski praat deurgaans en selfsugtig oor die impak van haar man se dood op haar en, om verstaanbare redes, op haar kinders, maar verloor uit die oog watter verwoestende impak haar beweerde roekelose en lasterlike aantygings op die president se gesin en veral sy kinders het.
Die prokureur sê Geingob sal hom op alle regsmiddele beskikbaar beroep om die beweerde ongeoorloofde aanval op en skending van sy grondwetlike regte te beveg.

Soortgelyk

 

Man steel glo mediese toerusting by staatshospitaal

8 ure gelede | Misdaad

Die polisie in die Kavangostreek het ’n man in hegtenis geneem wat na bewering mediese toerusting uit die staatshospitaal op Rundu gesteel het. Die man...

Man met hope wildprodukte vas

9 ure gelede | Misdaad

'n Namibiese man is verlede week op Divundu met 'n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte glo in sy besit in hegtenis geneem. Mnr. Katoima Kandunda is...

Vol ambulans bots teen bees

13 ure gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

1 dag gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...