Geingob loop steeds deur ná pot

’n Kenner meen die president het sy laaste kans verbeur om sy invloed op die party en land uit te oefen.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop steeds deur oor sy 10 keuses vir die Swapo-pot.

Die pot – ook bekend as die regerende party se kieskollege – het ten doel om Swapo se lys van kandidate vir die Nasionale Vergadering (NV) saam te stel.

As president van die party mag Geingob 10 mense op dié lys plaas.

Dr. Hoze Riruako, ’n politieke ontleder, het die afgelope naweek gesê Geingob moes nie die lys aan sy eie genade oorgelaat het nie.

“Na my mening het hy probeer om te demokraties te wees en het hy alles aan die partypolitieke masjinerie, bv. die streekleierskap, Swapo-vleuels en sommige magshonger individue binne die party oorgelaat.”

Syns insiens was dit “’n berekende fout”, meen Riruako.

“Hy (Geingob) het sy agenda en planne wat hy in werking gestel wil sien. Derhalwe word dit noodsaaklik om die proses in elke stadium te beïnvloed.”

Onder meer kon Geingob sy naaste bondgenote en strateë tot sy voordeel ingespan het, sê Riruako.

“(Stigter)pres. (Sam) Nujoma was baie goed hiermee.”

Die ontleder sê as ’n staatshoof sy laaste ampstermyn goed gebruik, lei dit tot sy nalatenskap.

“Pres. Nujoma se nalatenskap is duidelik; pres. (Hifikepunye) Pohamba het geen nalatenskap nie en ek sien tot dusver ook nie een vir pres. Geingob nie.”

Riruako sê hy voorsien nie hoe Geingob se gekose 10 lede hom sal help nie. “’n Mens kan hom net krediet gee vir (mnr.) Jerry Ekandjo se heraanstelling as minister om die stand van die ewewig en bestendigheid binne die party saam te snoer.” Hoewel Geingob Ekandjo se posisie op die potlys verbeter het, word kabinetsministers na verwagting eers volgende jaar aangewys.

Prof. Nico Horn, ’n ander politieke ontleder, het egter verlede week gesê hy dink nie Ekandjo sal weer as minister aangestel word nie.

Pendukeni-weglating ‘’n groot fout’

Volgens Riruako het Geingob ’n oorsig begaan deur nie ’n reddingsboei te bied aan me. Pendukeni Iivula-Ithana nie. “Hoewel hulle koppe gestamp het, het die dame haar kant as minister gebring.”

Geingob het verlede jaar vir Ekandjo en Iivula-Ithana in die pad gesteek as onderskeidelik minister van jeug, sport en nasionale diens en van binnelandse sake en immigrasie ná die rampspoedige Swapo-kongres in 2017.

Iivula-Ithana en Ekandjo het albei nie goed by die pot gevaar nie.

Riruako gee ook nie vir Horn gelyk dat prof. Peter Katjavivi hom goed van sy taak gekwyt het as speaker van die NV nie.

Katjavivi, wat swak gevaar het tydens verlede naweek se pot, is op Geingob se lys van tien.

Volgens Riruako kon Katjavivi nie eens parlementêre debatte lei nie en is hy derhalwe “van geen gehalte om terug in die parlement te herwin nie naas die feit dat hy ’n nabye vriend van die president is”.

Horn het vroeër oor Katjavivi gesê: “Hy was ’n goeie speaker en was baie laag op die lys. Waarskynlik steeds die president se keuse as speaker.”

Riruako sê ofskoon Geingob met sy keuses eenheid binne die party probeer herstel het, het hy daarmee die kans verbeur om tegniese kundiges te kies “wat Namibië dringend benodig as hy regtig die reuseuitdagings wat hom in die gesig staar, wou pak”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066