Geingob looi ‘mislukte politici’
Die staatshoof sê die Harambeevoorspoedplan word onnodig gekritiseer voordat dit werklik voluit aan die gang is.
“Mislukte politici” wat by gemeenskapsforums aansluit om regeringsbesluite te probeer beïnvloed, het die naweek onder fel kritiek van pres. Hage Geingob deurgeloop.
Geingob het Saterdag ’n groot skare tydens ’n Swapo-vergadering op Keetmanshoop toegespreek. “Julle is oorwin,” het Geingob aan sulke politici gesê. Volgens Swapo se
president probeer burgerlike organisasies in Namibië elke saak onder die son aanroer eerder as om op spesifieke kwessies te fokus.
“Hulle is mislukte politici wat nou by die agterdeur wil inkom,” het Geingob aangevoer. “As die burgerlike gemeenskap wil inkom, hoekom hou ons verkiesings?”
Almal kan volgens Geingob nie die land regeer nie. Dit is die taak van die verkose party en sy leiers.
Individue en organisasies is nie by die naam genoem nie, maar die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) onder leiding van mnre. Job Amupanda en ander, asook die Beweging van Grondlose Mense (LPM) van mnr. Bernadus Swartbooi was vir seker die teiken van hierdie boodskap. Min Namasprekendes het die vergadering op Tseiblaagte bygewoon en Geingob het hulle selfs in ’n stadium berispe vir ’n gebrek aan applous en samesang. Volgens die Swapo-president is dit nie die regering wat mense se grond afgeneem het nie, maar eers Duitse kolonialiste en toe die Suid-Afrikaanse bewind. Swapo staan volgens Geingob in niemand se weg om grond te bekom nie.
Hy het die media gekritiseer vir hul voorliefde om helde van mislukte politici te maak. Joernaliste wat 40 tot 50 jaar oud is en nooit ’n bydrae tot die vryheidstryd gemaak het nie,
moet volgens Geingob hulself nie nou verbeel dat hulle die beskermers van demokrasie is nie.
“Waar was hulle?” wou hy weet. “Gwen (Lister) kan soveel praat as sy wil, want sy was daar. Maar wat van die ander? Hulle was in Londen of elders en nou is hulle hier om vir ons te preek oor demokrasie. Ek sê nee!” Volgens Geingob gaan die NBC uit sy pad om oor armoede te berig om te probeer wys dat die Harambee-voorspoedplan ’n mislukking is. “Elke aand sal jy die ghetto’s (op TV) sien. Ons het nie die ghetto’s geskep nie, dit was daar.”
Volgens Geingob lê die antwoorde vir Namibië in die toekoms en nie die verlede nie. Hiervoor moet welvaart geskep word.
“Ons doen dinge op die moderne manier, maar mense kritiseer net,” het Geingob gesê.
Hy het opnuut teen gulsigheid en korrupsie uitgevaar. “Of jy nou van Swapo is of nie, doen sake op ’n wettige manier. Ons ondersteun Swapo-lede om sake te doen, maar nie op onwettige maniere nie.” Die regerende party en die land se heil lê volgens Geingob in die voortsetting van samewerking en die skep van een nasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie