Geingob kap koerant wéér

Vir die soveelste keer die afgelope weke het The Namibian opnuut onder die staatshoof deurgeloop.
Denver Kisting
Denver Kisting - Ondanks striemende aanvalle op 'n Engelse dagblad het pres. Hage Geingob nog geen amptelike klag by die persombudsman ingedien nie.

Volgens die persombudsman, mnr. John Nakuta, het die staatshoof se kantoor al informeel by hom gekla, maar nog geen formele klag ­ingedien nie.

“Ek moedig hulle aan om te kla en die stelsel te toets,” het Nakuta verlede week by navraag gesê.

Pres. Hage Geingob het verlede week aangevoer 'n berig in The Namibian oor prof. Joseph Diescho is verkeerd.

Die berig het onder die opskrif “Diescho will remain a refugee – Geingob” verskyn.

Volgens Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, speel dié koerant die man en nie die bal nie – ondanks die president se pleidooie.

Hengari voer aan Geingob het in geen stadium Diescho se naam tydens 'n Swapo-saamtrek genoem nie.

“Die berig is feitelik verkeerd, en laat die presidensie met geen ander opsie as om die gevolgtrekking te maak dat The Namibian 'n ­moedswillige en polities ­gemotiveerde agenda van ­verkeerde ­inligting teen pres. Geingob bedryf nie.”

Hengari sê die presidensie het ná die plasing van die berig gevra die koerant moet die ­beweerde kwaadwillige en ­verkeerde berig regstel.

Op die koerant se versoek het die presidensie beeldmateriaal van die Oshakati-saamtrek verskaf, sê die woordvoerder.

Volgens hom bly Geingob verbind tot ­persvryheid.


'MEDIA íS DIE BAL'

Tangeni Amupadhi, redak­teur van The Nami­bian, het verlede week gesê die presidensie het duidelik besluit die media is die bal wat hulle wil speel.

“Ons het die afgelope paar maande 'n toename in aanvalle op die media gesien . . . As dit nie slegte tydsberekening is om oor vermeende korrupsie te berig nie, word ons beskuldig van wanvoorstelling en verkeerde inligting.

“Volgens Staatshuis het pres. Hage Geingob Diescho nie by die naam genoem nie. As hy nie na Diescho verwys het nie, na wie dan?”

Die koerantredakteur het gesê Hengari het voorverlede Donderdag aan hom gesê Geingob het tydens die geleentheid na mnr. Robin Sherbourne verwys.

“Ons kon nie 'n verwysing na Sherbourne in die video-skakel vind wat aan ons verskaf is nie. Ons verslaggewer het bevestig die president het nie Diescho se naam genoem nie, maar alles wat hy gesê het, het meer betrekking op Diescho as op Sherbourne.

“Sherbourne is 'n ekonoom, nie 'n ­politieke ontleder soos die president gesê het nie. Hy is nie 'n vlugteling nie, aangesien hy in sy tuiste, Engeland, woon. Diescho is in selfopgelegde balling­skap en het gesê hy moes Namibië verlaat omdat hy vervolg is. Sherbourne beskik ook nie oor 'n doktorsgraad, soos in Geingob se opmerkings genoem is nie, maar Diescho het wel 'n doktorsgraad.

“Geingob het Diescho al op 'n soortgelyke manier in die openbaar aangeval,” het Amupadhi gesê.

Hy het benadruk The Namibian is toegewy aan professionele, regverdige en akkurate joernalistiek, wat regstellings insluit en om, wanneer nodig, 'n toontjie laer te sing.

AGTERGROND

Volgens Amupadhi het die president die ­volgende by die betrokke saamtrek gesê: “Daar was 'n ­politieke ontleder hier, wat die land verlaat het, en waar is hy nou? Ons weet nie. Jy kan in ballingskap gaan, maar jy sal altyd 'n vlugteling bly. Jy kan 'n miljoen dollar in jou rekening hê, maar jy kan niks koop nie. Jy kan 'n opvoeding hê, 'n doktorsgraad of so, maar as jy 'n vlugteling gaan wees . . . is jy 'n vlugteling.

“Van julle het vir die ­Kanadese en Britte gaan sê julle word vervolg, maar dié mense het ­ambassades hier. ­Namibiese ­politici wil niemand vervolg nie. Dis nie patrio­ties om sulke leuens te vertel nie, en om 'n land te probeer vernietig nie.”

Dié betrokke opmerking het die koerant oortuig Diescho was die president se teiken, het Amupadhi gesê.

VORIGE KRITIEK

Sowat twee weke gelede het die presidensie die Fishrot-sage se tyds­berekening bevraagteken.

Twee van Geingob se ministers het sedertdien weens dié onthullings uit hul poste bedank.

Hengari het ook onlangs namens die staatshoof teen The Namibian uitgevaar.

'n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie, het die dagblad in hul redaksionele kommentaar 'n besluit van Geingob gekap.

Dít kom nadat 'n brief uitgelek het waarin Geingob reeds einde Oktober Swapo se woordvoerder, me. Hilma Nicanor, as ministeriële raadgewer aangestel het – minder as twee weke ná sy uit haar pos as adjunk­minister en lid van die ­Nasionale Raad (NR) moes bedank.

Haar bedanking is genoodsaak deur 'n aankondiging deur die ­Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) dat staatsamptenare en NR-lede, of mense wat in plaaslike en streek­owerhede dien, nie mag staan vir die ­Nasionale Vergadering(NV)-verkiesing nie.

Hengari het toe gesê The Namibian se ­redaksionele kommentaar bied “ongestaafde menings as ont­leding” aan.

Hy het gesê dié beweerde gedrag “is niks anders as 'n weerspieëling van die wrok wat die koerant teen pres. Hage Geingob koester nie”.

Boonop, vaar die woordvoerder uit, het die koerant geen enkele berig oor Nicanor se “nodige aanstelling” gepubliseer nie.

Die koerant hét egter op 6 November op hul webwerf en op hul Facebook-blad 'n berig hieroor gedra.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.27/OZ DOWN -0.0101 | Copper US$ 4.38/lb DOWN -0.0199 | Zinc US$ 2 785.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 86.34/BBP DOWN -0.0096 | Platinum US$ 901.83/OZ DOWN -0.0207 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.27/OZ DOWN -0.0101 | Copper US$ 4.38/lb DOWN -0.0199 | Zinc US$ 2 785.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 86.34/BBP DOWN -0.0096 | Platinum US$ 901.83/OZ DOWN -0.0207