Geingob hou weer stadsaalvergaderings

Landswye droogtemonitering beoog

04 July 2019 | Regering
Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob gaan soos in 2015 toe hy staatshoof geword het, weer ’n landswye toer aanpak en stadsaalvergaderings op verskillende dorpe met gemeenskappe in die streke hou.

Dié keer is dit om vas te stel hoe hulpverlening aan droogteslagoffers vorder en of bottelnektoestande met die verspreiding van voorrade ervaar word.

Hy het in 2015 meer as 7 000 km deur die land gereis en vir sowat 90 ure tydens vergaderings in al die streke na die gemeenskappe se probleme en bekommernisse geluister.

Dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, sê die president se 2019-toer is in opvolg van die afkondiging van ’n noodtoestand op 6 Mei en die regering se belofte om meer as N$570 miljoen vir droogtehulp beskikbaar te stel.

“Hy sal die streekopnamesending as platform gebruik om terugvoering oor vordering met die implementering van projekte en beleide te gee. Hy sal ook terugvoering van gemeenskappe kry oor probleme wat hulle ervaar.

“Dit is deel van die etos van deursigtige, verantwoordbare en verantwoordelike regering wat pres. Geingob voorstaan,” sê Hengari.

Die toer skop op 11 Julie op Gobabis in die Omahekestreek af, waarna Otjiwarongo in die Otjozondjupastreek Vrydag aan die beurt kom.

Op 16 Julie is die president op Mariental (Hardapstreek), Woensdag op Keetmanshoop (||Kharasstreek), Donderdag op Walvisbaai (Erongostreek) en Vrydag op Khorixas (Kunenestreek).

Daarna skuif sy toer noordwaarts en vergader hy op 20 Julie met die mense van die Omusatistreek op Outapi en op 29 Julie met inwoners van die Oshikotostreek op Tsumeb.

Die stadsaalvergaderings sal op 13 Augustus in Windhoek met inwoners van die Khomasstreek afsluit.

Hengari sê inligting oor presies waar die vergaderings gehou sal word en ook op watter dorpe die president met inwoners van die Oshana-, Ohangwena-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en Zambezistreek gaan vergader, sal later bekend gemaak word.

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

8 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

8 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

8 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

8 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

8 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

8 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...