Geingob erken ellende

Die staatshoof het gister gesê die regering neem kennis van sy mense se ekonomiese lyding.
Denver Kisting
Denver Kisting – Hoewel baie reeds volgens hom gedoen is om die land te verbeter, word baie meer benodig, sê pres. Hage Geingob.

Tydens die herdenking van die land se onafhanklikwording gister het Geingob gesê die regering neem kennis van werkverliese in die land.

“Ons is bewus daarvan dat sommige van ons werkers hul werk en dus hul inkomste verloor het, ly en deur onsekerheid in die gesig gestaar word. Ja, ons is bewus daarvan.”

Hoewel Namibiërs 29 jaar van vryheid en onafhanklikheid vier, verloor die regering nie sy mense se ekonomiese ellende uit die oog nie, het hy gesê.

Volgens Geingob werp die regering alles in die stryd “om te verseker ons herstel ekonomiese groei en werkskepping”. Hy het gesê: “Kom ek verseker julle dat julle nie alleen is nie. Ons verstaan jul dilemma.”

Hy verwys in sy 22 bladsye lange toespraak ook na hoe van die land se boere krepeer.

“Die voortgesette droogtetoestande het eweneens die meeste van ons boere ekonomies verswak. Hulle het óf groot hoeveelhede bees verloor óf sal nie vanjaar ’n oes hê nie.”

Ondanks sy beperkte begroting sal die regering aanhou om hulp aan dié boere te verleen, het hy gesê.

Die president is van mening ’n sterker, lewendiger en ryker Namibië is moontlik as almal vir hul dade verantwoording doen.

Hy het derhalwe opnuut by Namibiërs gepleit om hulle tot eenheid te wend.

Volgens hom is die land baie beter daaraan toe as tydens “die nagmerrie van apartheid”.

Statistieke dui aan meer as 400 000 mense is tussen 1994 en 2010 uit armoede gelig, het hy gesê.

Maar, sê hy, inkomsteongelykhede, ’n erfenis van die apartheidsera, bly ’n doring in die vlees.

Dit belemmer die land se ontwikkelingspogings, sê hy.

“In dié verband sal die regering aanhou om ’n regsraamwerk te formuleer om die inkomstegaping te vernou.”

Die regering is verbind tot die grondwetlike beginsel van die beskerming van private eiendom, maar erken die dringende behoefte aan die lewering van grond om armoede aan te spreek, het die staatshoof benadruk.

Verlede jaar se tweede nasionale grondkonferensie het die tafel hiervoor begin dek, sê hy.

Op sy beurt het die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, gesê Namibiërs se geduld is op.

“Ek het verskeie kere op verskeie platforms gesê Namibië moet eerste kom, nie politiek nie, veral nie die tipe politiek wat eenvoudig ons mense soos stembeeste gebruik nie.”

Venaani het gesê hy hoop Namibiërs leer en beoefen verdraagsaamheid en liefde. “Kom ons hou onmiddellik op om die kwesbaarstes seer te maak, veral vroue en kinders.”

Gister se vieringe het by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek plaasgevind.

Verskeie hoëlui, insluitend visepresident Nangolo Mbumba, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en die adjunkpremier en minister gelas met internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, ministers, goewerneurs, en lede van die publiek het die verrigtinge bygewoon.

Oudpresidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba was ook daar terwyl Kenia se staatshoof, pres. Uhuru Kenyatta, die eregas was.

Kenyatta is tans op ’n vier dae lange staatsbesoek aan Namibië.

Hy het hom volgens Nampa beroep op leiers van die vasteland om veral aan die drome en begeertes van jongmense aandag te skenk deur gunstige omgewings te skep waarbinne hulle kan gedy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.84/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.84/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%