Geingob en Zim se Mnangagwa gesels
Die aangewese president van Zimbabwe, mnr. Emmerson Mnangagwa, was vandag in gesprek met pres. Hage Geingob.
Hy het pas in ‘n regstreekste uitsending ná sy aankoms terug in Harare gesê hy was in gesprek met pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika en met pres. Geingob.
Hy het ook die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) vir hul steun in die politieke krisis in Zimbabwe bedank.
Mnangagwa word Vrydag as die nuwe president van Zimbabwe ingehuldig ná oudpres. Robert Mugabe Dinsdag bedank het.
Die weermag in Zimbabwe het skaars 'n week gelede beheer van die buurland oorgeneem en Mugabe onder huisarres geplaas. Die regerende party, Zanu-PF, het Dinsdag 'n mosie in die parlement ingedien om hom in 'n staat van beskuldiging te plaas. Kort daarna het die Speaker aangekondig dat hy Mugabe se bedanking, met onmiddellike effek, per brief ontvang het.
Mnangagwa, ook bekend as "Die Krokkodil", was Mugabe se regterhand voor hy sowat twee weke gelede as visepresident afgedank is.
Mnangagwa sal as president van Zimbabwe tot die volgende verkiesing in September 2018 waarneem. - Eie berig en Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie