Geingob betreur koning se dood

Die president sê die oorlede leier van die Ondonga Tradisionele Owerheid het sy lewe daaraan gewy om ander te dien.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê hy betreur die verlies van die wyd gerespekteerde voorsitter van die Raad van Tradisionele Leiers, koning Omukwaniilwa Immanuel Kauluma Elifas.

Elifas (86), die leier van die Ondonga- Tradisionele Owerheid is vroeg gisteroggend in die Onandjokwe Lutherse Hospitaal in die Oshikotostreek oorlede.

Geingob het vroeg gisteroggend voor sy vertrek na Pretoria, Suid-Afrika, op nasionale televisie sy medelye met die familie en die tradisionele owerheid betuig.

Kuku Selma Gwanandjokwe Sheyavali, ’n senior lid van die Ondonga-koningsfamilie, het gister voordag Elifas se dood aan die NBC bevestig.

Gistermiddag het Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, in ’n verklaring gesê die staatshoof het met hartseer van Elifas se dood verneem.

Elifas was vir die afgelope 44 jaar – sedert 1975 – die hoof van die Ondonga- Tradisionele Owerheid.

In die twee bladsye lange verklaring sê Geingob hy en Elifas het mekaar vir dekades geken: “Ons land het ’n sleutelfiguur verloor.”

Hy sê wyle Elifas was ’n gewigtige man wat sy hele lewe daaraan gewy het om ander te dien.

Volgens Geingob was koning Elifas vir hom ’n vaderfiguur, ’n vriend, ’n wysgeer en ’n waardige man.

“Hy het nie net vir diegene onder sy tradisionele owerheid omgegee nie, maar het almal liefdevol en met meelewing behandel. ’n Reuseboom het geval.”

Die president het Elifas se gereelde pleidooi om vrede, veral binne dié tradisionele owerheid, herhaal.

Hengari sê begrafnisreëlings sal eersdaags bekend gemaak word.

Geingob woon tans die solidariteitsberaad oor Westelike Sahara as die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in Pretoria by.

Hy sou gisteraand teruggekeer het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!