Geingob baan die Afrika-weg

Die president is tans op ’n sending na Rwanda en Niger om onder meer die streek met die Afrika-unie te bespreek en hernubare energie op die vasteland te bevorder.
Augetto Graig
Augetto Graig - President Hage Geingob het Woensdag na Kigali in Rwanda gevlieg en sou dié land se onafhanklikheidsvieringe gister op uitnodiging van pres. Paul Kagame bywoon.

Hierna sou hy na Niger in Wes-Afrika vertrek.

Eerskomende Sondag vind die Afrika-unie (AU) se 12de buitengewone beraad oor die Afrikavasteland se Vrye Handelsgebied (AfCFTA) in Niamey in Niger plaas, wat Geingob ook sal bywoon.

Verlede Vrydag het die president by die inwyding van die Paaieowerheid (RA) se nuwe hoofkantoor in Windhoek na dié geleentheid verwys.

Volgens hom het die regering se toewyding aan die verbetering en uitbreiding van die land se padnetwerk ten doel om veilige reise te verseker, die ekonomie te stimuleer, en die vervoer van goedere en dienste binne Namibië en oor sy grense te vergemaklik.

“Ons toewyding aan die vestiging van ’n wêreldklas padnetwerk hou ook verband met ons groter ambisie van ’n geïntegreerde Afrikavasteland wat polities verenig is en op die ideaal van pan-Afrikanisme gebaseer is, asook op die visie van ’n Afrika-renaissance, soos vervat in die Afrika-unie se agenda vir 2063,” het hy gesê.

Om in vervoerinfrastruktuur te belê, is deel van die regering se plan om Namibië as toegangspunt tot Suider-Afrika te vestig, het Geingob gesê.

“Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) erken infrastruktuurontwikkeling moet voorkeur geniet en is nodig vir die skepping van groter markte en ekonomiese geleenthede,” het hy gesê.

Geingob is voorsitter van die SADC en ’n groot ondersteuner van groter ineenskakeling oor die hele vasteland, sowel as die subkontinent.

“Die integrasie van die vasteland is slegs moontlik as ons eers op streekvlak integreer,” het hy gesê.

“Namibië is trots daarop om tot die SADC se visie te kan bydra deur ons padnetwerk voortdurend op te gradeer,” het hy gesê.

Namibië bied lande soos Zambië, Zimbabwe en die Demokratiese Republiek die Kongo reeds toegang tot die see by Walvisbaai danksy die land se goeie padnetwerk.

“So moet ons beweeg van die bekende na die onbekende . . . ons begin by onsself.”

’n Ooreenkoms met AfCFTA sal na verwagting Sondag bekragtig word, wat die weg na die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) sal baan, het Geingob gesê.

Om inkomste deur middel van handel in te vorder, is goeie netwerke vir vervoerinfrastruktuur noodsaaklik, het hy gesê.

“Paaie is die ruggraat van ons land se ekonomie. Dit is noodsaaklik om ons mense se lewens te verbeter. Infrastruktuurontwikkeling is ’n voorvereiste vir handel en belegging,” het hy gesê.

Die kantoor van die president het vandeesweek ook ’n verklaring meer inligting oor Geingob se reis na Wes-Afrika bekend gemaak.

Weens onlangse veranderinge by die AU sal die buitengewone vergadering ook as geleentheid dien om samewerking tussen die vasteland en streekgroeperings soos die SADC te bewerkstellig.

Geingob sal namens Suider-Afrika verslag oor vordering met integrasie lewer.

Volgens die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, verteenwoordig Namibië ook die subkontinent by die AU se Afrika- Hernubare Energie-inisiatief, wat ook aandag by die buitengewone beraad sal kry.

Dié inisiatief het ten doel om vordering met die gebruik van hernubare kragbronne op die vasteland te meet.

Volgens Hengari sal Geingob “opwindende geleenthede om die energietekort op die vasteland aan te spreek” daar bespreek.

“Die president dien ook op die AU-komitee wat hervorming van die (VN) Veiligheidsraad hanteer,” sê Hengari.

“Hierdie is belangrike verpligtinge. Namibië se stem moet by al die vergaderings gehoor word. Dit dui die omvang en belang van Namibië se betrokkenheid aan,” sê hy.

“Ek maak deure vir julle oop. Gaan na Afrika, hulle het julle nodig. Dit is hoekom ek so rondhardloop. Namibiërs is te eng,” het Geingob by die RA-geleentheid gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%