Geingob: 2018 die jaar van rekenskap

Pres. Hage Geingob het tydens die laaste kabinetsitting ‘n oorsig gegee van wat die afgelope jaar vermag is.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Ondanks groot uitdagings bly die regering verbind tot die verwesenliking van sy oogmerke.

Pres. Hage Geingob het dié versekering Dinsdag by Staatshuis met die laaste sitting van die kabinet vanjaar gegee. Hy het kabinetslede daarop gewys dat 2018 die jaar van rekenskap sal wees, sonder om verder daaroor uit te wei.

Hy het ook op die belangrikheid van doeltreffende prosesse, stelsels en instansies gewys. “As mens op ‘n individu fokus, wat gebeur wanneer hulle weg is? Ons moet fokus op prosesse.”

Instansies soos die howe moet onafhanklik wees, want dit rugsteun die bestaande stelsels. Hy het die voorbeeld van die betwiste Amerikaanse presidentsverkiesing tussen mnre. Al Gore en George Bush gewys, waar ‘n stelsel ingestel is wat voorsiening gemaak het dat dit ordelik besleg word.

“Ons het howe en baie mense gaan howe toe. As ons prosesse nie ingestel is nie dan word ons na die howe geneem. Ek dink volgende jaar moet ons dit oorweeg om nie regsgeleerdes te betaal as hulle sake verloor nie,” het hy bygevoeg.

INKOMSTE-ONGELYKHEID

Wat armoede-uitwissing betref sê Geingob hy weet nie hoekom sommige mense teen inkomstegelykheid gekant is nie.

“Tot die koningin (Elizabeth II van Brittanje) het dit geopper toe ons ontmoet het. Wil ons hê mense moet maar net daar sit en arm bly? Ná 27 jaar het ons geleer hande vashou, ons almal word as Namibiërs erken, maar hoe kan ons die inkomste-ongelykheid die hoof bied?

“Ons sal spoedig oor NEEEF (die Nasionale Gelyke Ekonomiese Bemagtigingsraamwerk) praat, want sommige mense wil beskerm wat andere nie het nie. Ons het nie gesê ons sal dit op ‘n onverantwoordelike manier doen nie. Ons sal die vrede en eenheid behou, want ons leef almal in dieselfde Namibiese Huis,” het Geingob gesê.

‘n Aksieplan om strategieë te implementeer om salarisrekening in die staatsdiens in toom te hou en ‘n beleidsraamwerk op batebestuur is onder meer deur die kabinet aanvaar.

“Die salarisrekening in die staatsdiens word net groter en groter. As mense afgedank word of gedwonge uitdienstredings ingestel word, sal dit net tot werkloosheid bydra,” het Geingob gesê.

Hy sê oorweging word daaraan geskenk om 60 jaar die verpligte aftree-ouderdom te maak.

“Sommige permanente sekretarisse dink hulle is permanent permanent. Dit is nie die geval nie."

BINNEGEVEGTE BY GESONDHEID

Geingob het kommer oor binnegevegte in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, veral tussen die minister en die permanente sekretaris, uitgespreek. Hy het dr. Bernard Haufiku daarop gewys dat hy die politieke hoof van die ministerie is en wanneer kommunikasie in duie stort, moet die minister die skuld daarvoor kry, sê Geingob.“Volwassenheid moet seëvier,” het hy bygevoeg.

Geingob het op ‘n saak gewys waaroor hy oënskynlik gevoelig is. Hy het vanjaar sittings van die Afrika-unie (AU) en die Verenigde Nasies (VN) bygewoon. “Reis op my ouderdom is nie ‘n grap nie. As ek vir die plesier wil reis, kan ek vir my eie reise betaal. Ek sal nie vir die plesier op reise gaan nie. Ek gaan omdat ek moet. Ons bly in woonstelle eerder as hotelle. Die Waldorf Astonia Hotel kos US$10 000 per nag, maar ons bly in ‘n woonstel wat US$1 000 ‘n nag kos.

TRUMP EN 'NAMBIA'

“Ek het van vroeg tot laat gewerk en vergaderings bygewoon.

Toe (pres. Donald) Trump ‘Nambia’ gesê het toe ons ontmoet het, het hy vir ons baie publisiteit verseker. Tot CNN het daaroor berig. Hy het ons eintlik ‘n guns gedoen. Hy het baie blootstelling aan Namibië daardeur gegee,” het Geingob gesê.

Hy het ook sy skok oor die martelinge en slawerny in Libië uitgespreek. Hy sê die vraag moet gevra word hoekom soveel Afrikane probeer om deur Libië na Europa te reis.

“In Namibië kan mense vrylik beweeg en hoef nie weg te vlug na Libië om na Europa te gaan nie. “Toe ons in ballingskap in Amerika was, wou ons nie groenkaarte gehad het nie. As ‘n mens vir drie jaar met ‘n Amerikaner getroud is, is jy geregtig op Amerikaanse burgerskap. Ons het dit geweier,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%