Geingob: 1 Mei maak Namibië skoon
President Hage Geingob het aangekondig 1 Mei is geoormerk vir 'n nasionale skoonmaakveldtog. Volgens Geingob volg sy oproep aan Namibiërs om landwyd aan die veldtog deel te neem, nadat hy rommel en vullis oral opmerk wat tot onhigiëniese lewensomstandighede lei. Geingob sê in 'n verklaring hy sou graag wou sien dat Windhoek sy status as skoonste stad in Afrika terugneem. Hy het voorts die belangrikheid van 'n skoon omgewing vir 'n gesonder nasie beklemtoon.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie