Gehoorgestremde vra hulp met graad vang
Gehoorgestremde vra hulp met graad vang

Gehoorgestremde vra hulp met graad vang

Mnr. Anatoly Uulenga, 'n gehoor­gestremde student, is in 'n land gebore wat nie altyd vir mense met spesiale behoeftes voorsiening maak nie.

Sy gesin het hom dikwels misverstaan. Nadat Uulenga graad 10 geslaag het, het hy by 'n oom in 'n informele nedersetting gaan bly. Die oom kon hom van 'n dak oor sy kop voorsien, maar hy moes dikwels op 'n leë maag gaan slaap. Ten spyte hiervan het hy sy skoolwerk snags by kerslig gedoen.

Uulenga het goed genoeg gepresteer om universiteitstoelating te kry, en het onderwys aan die Universiteit van Namibië (Unam) gaan studeer.

Sy eerste jaar was 'n uitdaging omdat hy nie altyd 'n tolk by hom gehad het nie.

Aanvanklik het Uulenga hope uitdagings ervaar: 'n afwesige pa, 'n ma wat ver van hom af woon, gehoorgestremdheid en die gebrek aan 'n mentor.

Hy is tans in sy finale jaar en, indien hy slaag, sal hy die tweede plaaslik opgeleide gehoorgestremde onderwyser in Namibië wees.

Uulenga het 'n hupstoot nodig sodat mnr. Selma Moses, die enigste gekwalifiseerde gebaretaaltolk, hom in sy finale jaar kan ondersteun.

Die ministerie van justisie het die Today-handelsmerk genader om 'n profiel op GiveToday vir Uulenga te skep sodat donasies aan PayToday gemaak kan word onder Namibia National Association of the Deaf se naam.

Sowat N$200 000 word benodig sodat Uulenga die tolk hierdie jaar tot sy beskikking kan hê en die ­akademiese jaar kan voltooi.

Dit behels dat 2 000 mense elk N$100 skenk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!