Gees van moderne Namibië op doek
Urban Mythology, 'n alleenuitstalling deur Chris Snyman, is tans by die Nasionale Kunsgalery van Namibië te sien tot 28 Januarie.
Snyman, wat in 1967 in Bethlehem in Suid-Afrika gebore is, het kuns aan die Technikon Pretoria gestudeer en 'n goudsmid-vakleerlingskap voltooi. Hy het in 2005 Namibië toe getrek waar hy steeds woon en werk.
Hy het al plaaslik en oorsee aan alleenuitstallings en groepuitstallings deelgeneem. In 2011 het hy 'n brons medalje in die kategorie vir tweedimensionele kuns van die Bank Windhoek Triënnaal verower.
Snyman werk graag in twee en drie dimensies met verskillende media soos sement, aluminium, brons, olieverf, pen, ink en gemengde media. Sy kunswerke verken interpersoonlike verhoudings en dien ook as sosiale kommentaar.
Urban Mythology beeld die gees van 'n moderne Namibië treffend uit. Dit behels dat moderne volksoorlewering uit fiktiewe stories in kontemporêre kuns omskep word. Die doel is om die verweefdheid van historiese en kontemporêre gebeure wat 'n impak op ons land gehad het, te illustreer.
Die uitstalling is daaraan toegewy om die veranderende beeld van Namibië vanaf voetsoolvlak tot op internasionale vlak te ondersoek.
Urban Mythology is 'n boeiende en simboliese versameling skilderye en beelde van brons, yster en beton, wat die uiteenlopende wyses waarop die land geskep is, deur die openbare verbeelding verken.
• Vir verdere inligting skakel die NAGN by 061 231 160.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie