Geen water, krag by 15 skole
Geen water, krag by 15 skole

Geen water, krag by 15 skole

Verskeie skole in die hoofstad se skuld aan die munisipaliteit beloop N$55 miljoen.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Vyftien skole in Windhoek se water en ligte is weens agterstallige betalings deur die Windhoekse munisipaliteit afgesny. Die skuld wat reeds meer as ses maande agterstallig is, beloop N$55 miljoen. Skole waar koshuise is het leerlinge wat hier tuisgaan gevra om eerder tot tyd en wyl ’n ander heenkome te soek.

Volgens mnr. Harold Akwenye, die munisipaliteit se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, is die skole wat geraak word Ella du Plessis, Dawid Bezuidenhout, Academia, HTS, Tobias Hainyeko, Eros, DSW, Cosmos, Eldorado SS, Pionier, Suiderhof, Jan Mohr, Concordia, WHS en Centaurus. Volgens Akwenye was daar “ongelukkig” geen reaksie van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in die verband nie. Hy het ook gesê die staat se agterstallige skuld aan die munisipaliteit beloop N$108 miljoen.

Die direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries, het intussen ontken dat sy direktoraat ook in donkerte gehul is. Volgens Vries sit die bottelnek vir betalings aan sy ministerie by die ministerie van finansies. Hy bevraagteken ook sekere van die munisipaliteit se berekeninge en het verwys na ’n skool in die hoofstad waarvan die rekening N$16 miljoen beloop.

“Hoe werk dit wanneer die skool vir die vakansie gesluit en die koshuis toe was?” het hy gesê.

Vries sê sy ministerie was teen druktyd gister reeds besig om betalings vir die uitstaande rekeninge te laai om die toevoer na geraakte skole te herstel.

Volgens hom het die ministerie reeds in 2017 by die munisipaliteit aansoek vir voorafbetaalde meters by skole gedoen. Dit is egter van die hand gewys omdat die kragvoorsieningsnetwerk driegang moes wees. ’n Hernieude versoek vir meters is volgens hom nou weer aan die stadsvaders gerig.

Vries het verduidelik die meters sal bestuur word deur die primêre en sekondêre onderrigtoelae (PEG/SEG) wat skole vir leerlinge van die ministerie ontvang.

“Skole kry dit vooraf en dit sal die verantwoordelikheid vir water en krag na hulle verskuif. Skole sal dan self hulle water en krag bestuur,” het hy gesê.

Hy sê die ministerie het net in Februarie N$51,7 miljoen aan die munisipaliteit oorbetaal.

“Begin Februarie het ons N$49,04 miljoen en op 10 Februarie N$2,7 miljoen vir water en ligte betaal.” Vanaf Januarie verlede jaar tot Januarie 2020 het die ministerie N$113 miljoen hiervoor opgedok.

Windhoek se burgemeester, me. Fransina Kahungu, het tydens die maand se stadsraadsvergadering gesê die hoofstad se uitstaande skuld beloop sowat N$1 miljard. Uit die N$935 miljoen wat aan die munisipaliteit verskuldig is, is N$663 miljoen reeds langer as 30 dae uitstaande. Sowat 19% van die uitstaande skuld is afkomstig van die staat, staatsbeheerde ondernemings en besighede. Die regering se skuld beloop sowat N$80 miljoen waarvan N$30.4 miljoen agterstallig is. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%