Geen verligting vir Fishrot-mans
Die mans wat met die grootskaalse beweerde plundering van Namibiese viskwotas verbind word, het gister hul tweede hofverskyning in dié verband gemaak.
Jemima Beukes – Die omstrede Fishrot-beskuldigdes het gister hul tweede verskyning in die Windhoek-landdroshof gemaak.
Die saak is uitgestel tot 23 April vanjaar vir verdere ondersoek.
Die mans bly in aanhouding in die Windhoek Sentrale Gevangenis.
Die ses sluit oudvisseryeminister mnr. Bernhard Esau, die voormalige justisieminister mnr. Sacky Shanghala, Fishcor se eertydse voorsitter mnr. James Hatuikulipi, die Investec-werknemer mnr. Ricardo Gustavo, die sakeman mnr. Tamson Hatuikulipi en mnr. Pius Mwatelulo in.
Die saak is deur hooflanddros Philanda Christiaan in ’n volgepakte hofsaal aangehoor.
Nuwe klagte is intussen bygevoeg in verband met geld wat glo gewas is deur Salex en DHC Inc. gewas is.
N$75 miljoen van Fishcor se geld is glo deur middel van dié maatskappye gewas.
’n Aanvullende klag van regsverydeling staar Shanghala in die gesig.
Hy, Esau, James Hatuikulipi en mnr. Mike Nghipunya, die geskorste uitvoerende hoof van Fishcor, word ook daarvan beskuldig dat hulle staatsgeld vir selfverryking gebruik het.
Nghipunya is vroeër vandeesweek aangekeer, terwyl die ander ses reeds sedert 27 November 2019 in polisieaanhouding is.
Mwatelulo en Tamson Hatuikulipi word ook beskuldig van sameswering om die beweerde misdade te pleeg.
James se geldkopsere
James Hatuikulipi het intussen ingestem om nagenoeg N$600 000 vir die sentrum vir finansiële intelligensie (FIC) en ’n kommersiële bank se regskostes op te dok nadat hy onlangs ’n dringende eis teen dié liggaam en andere laat vaar het.
Ten tyde van die aansoek wou hy toegang hê tot twee van sy persoonlike bankrekeninge en dié van besighede waarin hy en Tamson Hatuikulipi belange het.
Dít kom nadat die Teenkorrupsiekommissie (ACC) vroeër op dié rekeninge se bankkaarte beslag gelê het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie