Geen verhoging in prys van elektrisiteit
Ronelle Rademeyer
Die prys van grootmaat elektrisiteit gaan nie in 2020-'21 verhoog nie, al het NamPower die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) vir 'n opwaartse prysaanpassing van 3,9% gevra.
Dié reguleerder het gister bekend gemaak die huidige tarief van N$1,65 per kilowatt-uur (kWh) sal nie na N$1,71 per kWh verhoog soos NamPower in sy aansoek gevra het nie. Dit is die tarief waarteen NamPower elektrisiteit in grootmaat aan streekelektrisiteitsverspreiders, munisipaliteite en myne lewer.
Die streekverspreiders en munisipaliteite wat hulle elektrisiteitstariewe wil aanpas, kan by die ECB daarvoor aansoek doen. Dié aanpassing tree gewoonlik op 1 Julie jaarliks in werking. Volgens die ECB het die ekonomiese omstandighede in die land weens die Covid-19-pandemie tot dié besluit gelei. Verder het die reguleerder toestemming gegee dat N$50 miljoen uit die fonds vir langtermyn marginale koste (LRMC) aan NamPower beskikbaar gestel word om tot die brandstofkoste van die Van Eck- en Anixas-kragstasies by te dra, of “noodenergie” te bekom indien dit nodig is.
Dit blyk uit die ECB se verklaring die ministerie van myne en energie het N$15 miljoen uit die Nasionale Energiefonds (NEF) beskikbaar gestel om die potensiële impak van 'n verhoging in die verspreidingstariewe te versag.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie