Geen vee, produkte uit SA
Geen vee, produkte uit SA

Geen vee, produkte uit SA

Namibië mag tans geen vee, wild of produkte van dié diere van Suid-Afrika af invoer nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - 'n Uitbreking van bek-en-klouseer in die Limpopo-provinsie in Suid-Afrika het gelei tot die sluiting van Namibië se grense vir die invoer van gesplete hoef diere en hul produkte uit dié land.

Dit beteken geen beeste, skape, bokke, varke en wild, of enige van dié diere se produkte, kan na Namibië ingevoer word nie.

Permitte wat reeds vir invoere van lewende diere of produkte uitgereik is, is met onmiddellike effek gekanselleer.

'n Aankondiging in dié verband is Woensdag deur die direktoraat veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en bosbou uitgereik.

Suid-Afrika se departement van landbou, bosbou en visserye het Dinsdag bekend gemaak dat laboratoriumtoetse getoon het beesvrektes in die Vhembe-distrik in Limpopo is aan dié dodelike siekte te wyte.

Mnr. Paul Strydom, hoofbestuurder van die Vleisraad van Namibië, sê Namibië is tot 'n groot mate selfvoorsienend wat die vraag na bees- en skaapvleis betref, maar kan net in sowat 45 persent van die vraag na varkvleis voorsien. Die res van die varkvleis word ingevoer.

"Die verwagting is dat die sluiting van die grens tot varkvleistekorte kan lei. Dit was ook verlede jaar toe geval toe listeriose in Suid-Afrika uitgebreek het," het hy gister by navraag gesê.

Volgens hom word sowat 95 persent van die beesvleis wat in Namibië verbruik word, plaaslik geproduseer. "Wat skaapvleis betref, voer ons feitlik niks in nie."

Volgens mnr.Jaco van Zyl, bestuurder van die Pelssentrum by Agra, word probleme voorsien wat betref die lewering van Swakarapelse uit die Noord-Kaap aan dié sentrum.

Hy het gister op 'n WhatsApp-groep vir Swakara-produsente gesê al die invoerpermitte vir Swakara-pelse vanaf die produsente in die Noord-Kaap is gekanselleer. Boere in dié provinsie wat pelse produseer, bemark dit deur Agra se Pelssentrum.

Die volgende internasionale pelsveiling vind in Maart in Kopenhagen, Denemarke, plaas, wat beteken die pelse word nou ontvang en vir versending voorberei.

Van Zyl sê hy het gister met die staatsveearts wat die permitte hanteer, oor die kwessie vergader. "Daar is nog 'n kans om die pelse in te bring, maar die grootste probleem is dat die RSA nie die omvang van die uitbreking van bevestig nie. Dus kan niemand met sekerheid waarborg dat die Noord-Kaap in hierdie stadium 'skoon' is nie," sê hy op die groep.

Netwerk24 berig groot kommer heers in landboukringe in Suid-Afrika oor die uitbreking en die impak daarvan. Mnr. Janse Rabie, Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne, het gesê enige aangemelde gevalle van die gevreesde siekte moet met groot erns benader word. "Dit kan ernstige gevolge vir veeboere en wildboere inhou."

Bek-en-klouseer is endemies aan die Krugerwildtuin omdat buffels die siekte van tyd tot tyd kry.

Die buffergebied is ingestel en maatreëls geld vir mense wat daar met beeste en ander diere met gesplete hoewe, soos bokke, boer. Hulle moet gereeld hul diere laat toets vir die siekte. Diere mag ook nie sonder toestemming in of uit die buffergebied geneem word nie, berig Netwerk24.

Die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) het Suid-Afrika se status as 'n bek-en-klouseer-vrye land intussen opgehef.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!