Geen tekort aan hoender verwag
Geen tekort aan hoender verwag

Geen tekort aan hoender verwag

Verbruikers hoef nie te vrees dat 'n tekort aan hoendervleis weens 'n invoerverbod sal ontstaan nie, sê kenners. Eiers kan wel 'n probleem wees.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die uitbreking van voëlgriep in Suid-Afrika en die gevolglike verbod op die invoer van pluimveeprodukte uit die buurland sal nie tot 'n tekort aan hoendervleis op winkelrakke in Namibië lei nie.

Mnr. Jared Geyser, 'n lid van die Vereniging vir Vleisinvoerders en -uitvoerders (AMIE), het gister by navraag gesê Namibië is “betreklik selfvoorsienend” sover dit hoendervleis betref.

“Namibia Poultry Industries (NPI) kan grootliks in die plaaslike vraag na hoendervleis voorsien. Verder kan invoerders steeds hoendervleis van lande soos Brasilië of ander lande, waar die siekte nié voorkom nie, invoer,” sê hy.

Mnr. Koos Ferreira, 'n direkteur van NPI, het aan Republikein bevestig dat dié Namibiese hoenderprodusent in die meeste van die produkte wat in aanvraag is, kan voorsien.

“Ons vervaardig nou nie krummelprodukte soos hoenderhappies nie, maar die meeste ander produkte kan ons voorsien,” sê hy.

Geyser wys daarop dat die invoerverbod net vars produkte raak.



Eiers

Wat eiers betref, kan tekorte wel binne die volgende twee tot drie weke ontstaan, sê mnr. Eckhard Waldschmidt van Waldschmidt Eggs, die grootste eierprodusent in die land.

“Die nagenoeg agt produsente in die land voorsien die mark van sowat 80% van die behoefte aan eiers. Die ander 20% word van Suid-Afrika af ingevoer.

“Met die sluiting van die grens was daar reeds 'n effense ondervoorsiening in die mark en daarom verwag ek dat ons wel tekorte kan beleef."



Verbod

Die direktoraat veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en bosbou het Vrydag 'n terugwerkende verbod geplaas op die invoer van alle lewende pluimvee, die produkte afkomstig van pluimvee, volstruise en volstruisprodukte asook ander voëls vanaf Suid-Afrika asook België.

Terselfdertyd is alle permitte vir sulke invoere gekanselleer.

Dit volg nadat die hoogs aansteeklike voëlgriep verlede week vir die eerste keer onder kommersiële hoenders in Suid-Afrika uitgebreek het.

Dié land se grootste pluimveeprodusent, Astral, het Donderdagmiddag bevestig voëlgriep is op een van sy teelplase in die Villiers-omgewing in die Vrystaat gevind, het Landbouweekblad berig.

Die plaas is onder kwarantyn geplaas en al die hoenders op die spesifieke terrein sal van kant gemaak word, het Astral gesê.

Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) word sowat 28 000 hoenders geraak.

Dié betrokke stam van die virus is nie gevaarlik vir mense nie, maar het wêreldwyd al daartoe gelei dat miljoene hoenders gevrek het of van kant gemaak is.

Volgens dié vereniging is die H5N8-stam sedert November verlede jaar in verskeie Europese lande aangemeld, en vanjaar ook in Egipte, Uganda, die Demokratiese Republiek die Kongo, en in Mei in Zimbabwe, berig Landbouweekblad.

Dr. Milton Maseke, Namibië se hoof- veterinêre beampte, sê aangesien die inkubasietydperk vir die siekte 21 dae is en die uitbreking op 19 Junie in Suid-Afrika bevestig is, is die invoerverbod terugwerkend tot 29 Mei van krag. In die geval van België is dit tot 20 Mei.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%