Geen skool van môre tot 14 April
Alle skole en koshuise in die land sluit met onmiddellike effek, wat beteken die land se leerlinge gaan vir die volgende vier weke nie skool bywoon nie.
Dié aankondiging is pas deur die waarnemende minister van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Martin Andjaba, in die lig van die Covid-19-pandemie gemaak.
Dieselfde geld die Kollege vir die Kunste, biblioteke, museums, hulpbronsentrums, die Nasionale Kunsgalery van Namibië en die ministerie se nasionale geletterdheidsprogramme.
Andjaba sê koshuishoofde moet dadelik reëlings tref dat kinders gehaal en huis toe geneem word.
Namibië se tweede semester sal van 14 April tot 29 Julie duur.
Die waarnemende minister benadruk groot uitdagings wag in die tweede semester op onderwyseres aangesien die eksamen aan die einde daarvan, oor die werk van beide die eerste en die tweede semester sal handel.
Verder moet die bestuur van skole seker maak dat wanneer die nuwe semester begin, skole blinkskoon en ontsmet is. Dieselfde geld biblioteke en ander onderrigsentrums.
Alle skole met die inwerkingstelling van die Water-, Sanitasie- en Higiëne-inisiatief (Wash) versterk en seker maak daar is voldoende voorraad vloeibare seep.
Daarbenewens word ouers en voogde versoek om seker te maak die nodige voorsorgmaatreëls word tuis getref om te verhoed dat kinders met die virus besmet word. Hulle moet ook toesien dat kinders tuis studeer en hulle daarmee help.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie