Geen rekenskap van Nanso se miljoen
Geen rekenskap van Nanso se miljoen

Geen rekenskap van Nanso se miljoen

NAMPA
Die Namibiese ­Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) het die ­afgelope drie jaar versuim om geouditeerde finansiële state aan die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing voor te lê en rekenskap van bykans N$1,2 miljoen se belastingbetalersgeld te gee.

Nanso is hieroor aangespreek, het die minister, dr. Itah Kandjii-­Murangi, Donderdag in reaksie op vrae van mnr. Mike Kavekotora van die Rally for Democracy and Progress (RDP) in die Nasionale Vergadering (NV) gesê.

“Ons staan by 'n kruispad met Nanso weens hul versuim om geouditeerde finansiële state in te dien,” het Kandjii-Murangi gesê.

Soos met enige ander instelling is geouditeerde finansiële state 'n voorvereiste alvorens enige geldelike bystand deur die regering verleen word. Die ministerie kan egter nie aan Nanso voorskryf watter ouditeursfirma gebruik moet word nie, sê Kandjii-Murangi.

Nanso het in 2016-'17 N$422 000 van die regering ontvang, gevolg deur N$337 000 in 2017-'18. In die huidige begrotingsjaar is N$422 000 aan dié studenteliggaam toegeken.

Die ministerie kan nie sê of Nanso die geld gebruik het vir die doel waarvoor dit bestem was nie.

Kandjii-Murangi sê die ministerie keur Nanso se herhaadelike versuim om geouditeerde finansiële state in te dien nie goed nie. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!