Geen regeringsubsidie vir Noordoewerdam
Geen regeringsubsidie vir Noordoewerdam

Geen regeringsubsidie vir Noordoewerdam

Ndama Nakashole
Ndama Nakashole – Die regering gaan nie die beplande multimiljarddollar-Noordoewerdam in die benede Oranjerivier subsidieer nie.

Die myne in die Suide, wat die verbruikers van dié water gaan wees, sal vir die voorsiening daarvan betaal, het mnr. Willem Venter, die hoof van beplanning en waterbronbestuur by NamWater, Donderdag tydens ‘n praatjie by die Kamer van Mynwese in Namibië se jaarlikse ekspo in Windhoek gesê.

Volgens Venter oorweeg ‘n lewensvatbaarheidstudie, wat na verwagting in 2019 voltooi sal wees, twee opsies vir die Noordoewer/Vioolsdrifdam.

Die groter opsie, ‘n dam met ‘n kapasiteit van 2,8 miljard kubieke meter, sal ‘n belegging van N$4,9 miljard verg. Die kleiner opsie, ‘n dam met ‘n kapasiteit van 645 miljoen m³, sal N$3,2 miljard kos.

Venter sê die voordeel-koste-verhouding van die kleiner dam is groter.

Die beplande dam sal na verwagting die opbrengs van die Oranjerivierstelsel (ORS) verhoog en voorsiening maak vir die geprojekteerde groei in dié stelsel se watervereistes. Die dam sal voorts voorsiening maak vir Namibië se watervereistes langs die gemeenskaplike grens wat deur die Oranjerivier gevorm word.

“Dit sal herregulering van waterberging in die benede Oranjerivier verskaf en help om deur middel van vrylatings die korrekte seisoenale vloei laer af te verseker. Dit sal in oorooreenstemming met die reserwevlakke gedoen word en help om die ekostelsel in balans te hou.”

In ‘n poging om die infrastruktuuruitdagings van die myne in die Suide die hoof te bied, sal NamWater voortgaan om met plaaslike waterministerie en die department van water in Suid-Afrika te konsulteer oor voldoende vrystelling van water uit die dam, aldus Venter.

“Ons sal bilaterale konsultering oor die Noordoewer/Vioolsdrifdamprojek ondersteun en bewusmaking oor verbeterde doeltreffendheid van waterverbruik opskerp,” sê hy.

Gesprekke met die Rosh Pinah- en Skorpionmyn gaan voort om die lewensduur van die infrastruktuur met die beplande lewensduur van die myne te laat ooreenstem.

Tans word probleme ondervind met die pyplyn na Rosh Pinah, wat in 1969 gelê is en vervang moet word. Venter sê Namwater is besig om met die myn oor pypvervangings, aangesien die wateronderbrekings kan veroorsaak en dus gemeenskaplike beplanning verg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!