Geen raamwerk vir salarisse
Henriette Lamprecht - Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur behoort 'n voorgeskrewe interne tydraamwerk te hê vir die verwerking van dokumente wat nodig is vir die betaling van onderwysers se salarisse.
Volgens 'n prestasie-oudit wat die tydperk van 2012 tot 2015 dek, was 'n gebrek hieraan die grootste bydraende faktor tot die laatbetaling van salarisse.
Die oudit sê voorts die raamwerk moet ooreenstem met dié van die ministerie van finansies om “doeltreffende en doelgerigte werksaamhede” in die salarisdepartement te verseker.
Die gebrek aan enige sperdatums veroorsaak ook dat personeel meer tyd aan ander pligte bestee, eerder as om dié dokumentasie betyds af te handel.
Volgens die oudit word dokumente wat vir die uitbetaling van salarisse vereis word wel deur goedgekeurde kanale aangestuur.
Dit sluit in onderwysers, skoolhoofde, inspekteurs en direkteurs.
Tog is daar uitsonderings waar dit nie nodig is om deur dié kanale te gaan nie.
Geen gestipuleerde sperdatums word vir elk van die bogenoemde stappe van die proses aangedui nie.
Die oudit kon dus nie bepaal of daar enige vertragings binne die goedgekeurde stappe is nie.
Die ministerie se omsendlys van vakante poste word volgens die oudit deur menslike hulpbronnebestuurders in die onderskeie streke bestuur sedert dit in September 2012 gedesentraliseer is.
Die navolging van die skedule vir poste geadverteer op die lys, is ook nie konsekwent nie. Die rede hiervoor is dat personeel se ander pligte dikwels voorkeur kry.
Menslike hulpbronnebestuurders kry voorts nie ’n voorgeskrywe tyd vir die verwerking van personeel se dokumente om dit te voltooi nie.
“Sonder ’n voorgeskrewe tydraam kan menslike hulpbronnebestuurders teen hul eie pas werk, wat kan veroorsaak dat hulle spertye mis wat gevolglik tot ’n vertraging in die betaling van salarisse kan lei,” lui die verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie