Geen politieke vergaderings by skole
Geen politieke vergaderings by skole

Geen politieke vergaderings by skole

Die uitvoerende direkteur sê leerlinge moet van ’n veilige skoolomgewing verseker word.
Geen skool mag onder enige omstandighede vir politieke vergaderings en veldtogte of fondsinsamelings vir politieke gewin gebruik word nie.

Ook mag leerlinge nie op skoolgronde oor politieke aangeleenthede toegespreek word nie.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het by monde van sy uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, ernstige kommer uitgespreek oor die “ongekoördineerde toegang van groepe en veral politieke partye op skoolgronde” onder die voorwendsel van motiveringspraatjies vir leerlinge en onderwysers.

Hoewel die ministerie die grondwetlike reg op vryheid van assosiasie erken, sê Steenkamp “ons mandaat is om ‘n veilige skoolomgewing vir elkeen te verseker”.

“Skole is sensitiewe en veilige omgewings en die ministerie moet die kritieke rol van verantwoordelikheid teenoor leerlinge vervul,” sê sy.

Die ministerie het in die lig hiervan ‘n beroep op bestuur op streek- en skoolvlak gedoen om te waak teen politieke aktiwiteite op skoolgronde.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!