Geen petrol op /Ai-/Ais
Namibia Wildlife Resorts (NWR) ondervind tans probleme om petrol aan kliënte by dié gewilde ontspanningsoord te verskaf. Die NWR sê egter in ’n verklaring pogings is reeds onderweg om dit so spoedig moontlik op te los. Die maatskappy se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie en aanlyn-media, mnr. Mufaro Nesongano, het sy spyt hieroor uitgespreek.
“Ons is werklik jammer vir enige ongerief wat dit vir ons lojale kliënte veroorsaak. Die oomblik wanneer die situasie herstel is, sal ons dit onmiddellik bekendmaak.”
“Ons is werklik jammer vir enige ongerief wat dit vir ons lojale kliënte veroorsaak. Die oomblik wanneer die situasie herstel is, sal ons dit onmiddellik bekendmaak.”
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie