Geen oorbruggingsdekking vir Psemas-lede
Geen oorbruggingsdekking vir Psemas-lede

Geen oorbruggingsdekking vir Psemas-lede

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Lede van die staat se mediese fonds (Psemas) kwalifiseer volgens die gedeelte oor voorlopige standaarde in die Wet op Finansiële Instellings en Markte (Fimbill) nie vir oorbruggingsversekering (GAP) nie.

Die oorbruggingsdekking is 'n gevolg van Psemas wat slegs staatsgeriewe en teen 95% van die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) se standaardtariewe van 2014 dek. Die waghond vir finansiële instellings in Namibië (Namfisa) het verwante rolspelers gevra om voor 4 Desember insette te lewer tot Fimbill se voorlopige standaarde.

In reaksie hierop het die hoof­beampte van Prosperity Lifecare Insurance Limited, me. Amanda Heydenreich, met verwysing na die definisie van GAP vir langtermynversekering gesê met die huidige bewoording is dit “net lede wat geregistreer is op 'n mediese fonds gedek onder die wet” wat voordeel hieruit trek. Die wet is egter nie van toepassing op Psemas nie, met GAP vir Psemas-­lede wat gevolglik verbied word. Psemas vorm volgens Heydenreich die meerderheid van die Namibiese gesondheidsbedryf en dek sowat 118 families wat 234 000 lewens verteenwoordig.

In 'n skrywe gerig aan Namfisa se hoofbeampte, mnr. Kenneth Matomola, sê Heydenreich indien Psemas-­lede uitgesluit word, beteken dit 'n hele paar duisend staatsamptenare het nie toegang tot private gesondheidsorg nie.

Psemas-lede wat van private gesondheidsgeriewe gebruik wil maak, en in veral private hospitale en spesialisdienste verwant aan hospitale, sal nie onder dié mediese fonds gedek word nie.

“Dié lede gaan in 'n situasie kom waar hulle versoek gaan word om eers die volle behandeling by voorbaat te betaal wat nie altyd vir lede bekostigbaar is nie.”

Volgens Heydenreich sal sulke beduidende uitgawes wat uit die lid se sak vereffen moet word, toegang tot private gesondheidsdienste ernstig demp.

Hoewel Psemas nie as 'n mediese fonds in terme van die Wet op Mediese Fondse geregistreer is nie, verskaf dit steeds “presies dieselfde gesondheidsorgvoordele aan sy lede” en is dit soortgelyk aan dié van 'n mediese fonds deurdat dit uitgawes vir gesondheidsorg namens lede dek.

“Deur Psemas-lede te verhoed om GAP uit te neem, lei tot diskriminasie teen sy lede. Die voorneme van GAP is om as 'n komplementêre voordeel tot mediesefondslede en per implikasie Psemas op te tree.”

In die lig hiervan sê Heydenreich behoort Psemas-lede net soos hul mediesefonds-eweknieë, toegang tot dié dekking te hê om gelykheid te verseker.

Sy maan voorts so 'n uitsluiting is 'n oortreding van staatsdienswerkers se grondwetlike regte.

“Dit is irrasioneel om staatsdienswerkers uit te sluit. Irrasionele regulering is in konflik met die oppergesag van die reg wat vergestalt is in artikel 1(1) van die Namibiese grondwet en in konflik met artikel 10 van die Grondwet.

“Artikel 10 verbied diskriminasie en sodanige reël kan diskriminerend van aard wees.”

Heydenreich stel voor die volgende moet in die verwante regulasie bygevoeg word: “Versekeraars sal nie daarvan uitgesluit word om oorbruggingsversekering aan enige lid van die mediese fonds vir staatsamptenare (Psemas) te bied wat in terme van die Staatsdienswet van 1995 gestig is nie.”

Heydenreich verwys voorts na die “onregverdige beperking om die betaling van 'n vaste bedrag te beperk”. Afdeling 7 van Fimbill beperk die

betaling van GAP tot 'n vaste bedrag.

Volgens haar is dit “irra­sioneel om mediese fondse toe te laat om 'n persentasie van tariewe te betaal, terwyl die oorbruggingsversekeraar

'n vaste bedrag moet betaal.

“Verskillende ver­skaffers vra verskillende bedrae, wat sal lei tot 'n verskillende bedrag wat deur die versekeraar uitbetaal moet word.”

Met meer as 10 000 tariefkodes in die Namaf-tariefskedule, is dit volgens haar onprakties om 'n spesifieke GAP “vaste Namibiese dollar bedrag” vir elke individuele­ tariefkode te ontwikkel en wat in elke individuele beleidsdokument gelys moet word.

'n Voorstel is dat die beperking op die betaling van die bedrag verwyder word, terwyl toegelaat word vir betaling as 'n persentasie van die tarief.

Matomola het in September vanjaar gesê Fimbill sou voor die einde van die jaar in die ­parlement ter tafel gelê word.

Volgens hom was die wetsontwerp toe reeds aan wetsopstellers voorgelê en sou dit “binne die volgende paar weke” gefinaliseer word.

Matomola het teen druktyd nie op vrae gereageer nie en wat insluit of voorstelle deur rolspelers wat teen 4 Desember ontvang is, wél in die wetsontwerp geakkommodeer sou word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053