Geen nuwe voertuie vir hoës, staat tot 2025
Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob het vanmiddag opdrag gegee geen nuwe voertuie mag tussen 2020 en 2025 vir ministers en amptenare in die staatdiens aangekoop word nie.
'n Beperking word ook geplaas op die maandelikse brandstofverbruik van diegene met staatsvoertuie.
Volgens 'n verklaring deur die presidensie sal dit 'n besparing van N$200 miljoen teweeg bring.
Volgens die mediumtermyn begrotingsraamwerk is N$13,043 miljoen in die 2020-'21-boekjaar vir voertuigaankope opsy gesit, en N$17,271 miljoen in die daaropvolgende boekjaar.
Mnr. Alfredo Hengari het by navraag gesê in die N$200 miljoen besparing, sal N$180 miljoen bespaar word deur geen voertuie in die volgende vyf jaar te koop. N$20 miljoen sal wees vir verminderde brandstoftoelaes.
Foto: Namibian Sun

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie