Geen Namibiërs in noorde van Mosambiek: Katjavivi

01 April 2021 | Politiek
Die Spreker van die Nasionale Vergadering, mnr. Peter Katjavivi sê geen Namibiese burgers woon in die noordelike dele van Mosambiek waar dosyne mense volgens berigte dood is in aanvalle deur gewapende militante.
Die aanvalle verlede week het gefokus op die noordelike Mosambiekse dorp Palma wat sowat 10 kilometer van ’n gasprojek van Frankryk se Total en ander internasionale maatskappye geleë is.
Volgens Katjavivi is daar tans geen aanduidings dat Namibiërs in dié deel van die land woon nie en daar is geen berigte van enige Namibiërs wat in die kruisvuur beland het nie.
Intussen het die adjunk eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, gesê die politieke onstabiliteit en aanvalle in die land wek groeiende kommer nie net vir Namibië nie, maar ook op streeksvlak. – Nampa

Soortgelyk
Heckmair-verhoor verder vertraag
1 uur gelede | Misdaad
Skoolseun in selle oor video van geweld
1 uur gelede | Misdaad
Jong dokter verskyn vir verkragting
4 ure gelede | Misdaad
Leerlingdokter verkrag glo pasiënt
16 ure gelede | Misdaad
Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof
16 ure gelede | Misdaad
O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...
16 ure gelede | Mense
Covid-19 teister skole in Hardap
16 ure gelede | Ministeries
Weer vir Woensdag 14 April
16 ure gelede | Weer
Bure help hul buurte skoonhou
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies