Geen landbougrond
Geen landbougrond

Geen landbougrond

As die wetsontwerp wet word, sal eienaars hul grond by die grondkommissie, wat gestig gaan word, moet registreer.
Francoise Steynberg
Geen buitelander sal landbougrond in Suid-Afrika mag koop as 'n wetsontwerp wat Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is, wet word nie.

Die doel is om die nalatenskap van kolonialisme en apartheid om te keer en 'n regverdige en billike verspreiding van landbougrond aan Afrikane te verseker, lui die memorandum wat saam met die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit gepubliseer is.

Luidens die memorandum was daar van 1997 tot 2007 beduidende skuiwe in grondeienaarskap.

In sekere streke het buitelanders toenemend landbou-eiendom gekoop.

“Die aard, omvang, tendense en uitwerking van grondaankope, -gebruik en -beleggings” wat buitelanders in grond doen, is luidens die memorandum onbekend.

Daar is ook nie betroubare inligting oor die eienaarskap van landbougrond onder Suid-Afrikaners wat ras, geslag en die grootte van die grond betref nie.

As die wetsontwerp wet word, sal eienaars hul grond by die grondkommissie, wat gestig gaan word, moet registreer.

“Geen buitelandse persoon sal van die datum wat die wet van krag word eienaarskap van landbougrond kan bekom nie,” lui art. 19(1) van die wetsontwerp.

Buitelanders sal langtermynhuurooreenkomste vir landbougrond kan aangaan.

Wanneer 'n buitelander landbougrond verkoop, sal hy dit by die grondkommissie moet aanmeld.

In 2015 was daar sprake dat grondeienaarskap tot 12 000 hektaar beperk gaan word. In dié wetsontwerp is daarvan afgesien.

Die minister sal wel grondbesit kan beperk, maar 'n lang lys van praktiese landbouverwante oorwegings moet in ag geneem word vir spesifieke streke.

Die grond wat die perk oorskry, sal as “herverdelingslandbougrond” geklassifiseer word. Dit moet aan 'n swart Suid-Afrikaner verkoop word.

Indien daar nie 'n swart Suid-Afrikaner is wat die grond wil koop nie, sal die minister die grond koop. Indien die eienaar van daardie grond en die minister nie op 'n prys kan ooreenkom nie, mag die minister ingevolge wetgewing die betrokke herverdelingslandbougrond onteien.

Openbare kommentaar kan tot 17 April gelewer word. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!