Geen kwarantyn vir buitelandse toeriste
Almal behalwe buitelandse toeriste is onderworpe aan kwarantyn.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, se veranderinge aan die Covid-19-regulasies, is enige persoon behalwe iemand wat die land vir toerismedoeleindes binnekom, onderworpe aan kwarantyn.
Die regulasies vir buitelandse toeriste is soos volg:
- Alle buitelandse toeriste moet dadelik na hul voorafbespreekte bestemmings reis en vir vyf dae daar bly. Die owerhede moet van die bestemming ingelig word.
- Buitelandse toeriste moet op die vyfde dag ná aankoms by die owerhede vir ‘n Covid-19-toets aanmeld.
- Op die sewende dag ná aankoms, moet buitelandse toeriste die owerhede kontak om die uitslae van die Covid-19-toetse te ontvang. Indien die toets positief is, is buitelandse toeriste onderworpe aan verpligte isolasie onder toesig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie