Geen keer aan Jean-Paul Burger

Triathlon

12 September 2018 | Sport
Tielman van Lill



Jean-Paul Burger het Sondag opnuut sy klas onderstreep toe hy by die MiWay Cape ultra-triathlon in die Wes-Kaap by die Theewaterskloofdam die algeheel eerste geëindig het.

Hy het met 'n wentyd van 3 ure 32 minute ook die 18 tot 24 jaar afdeling in styl gewen. Hier klop Burger vir Rudolf Visser (tweede, 3:55:16) met 23 minute, terwyl hy Hein van der Walt (derde, 4:12:04) met 40 minute oorskadu.

Burger is Namibië se pas gekroonde halfysterman wêreldkampioen in dié ouderdomsklas en wys sy finesse om algeheel eerste en twee minute voor Stuart Marais (3:34:54, algeheel tweede en eerste in 30-34 jaar afdeling) oor die wenstreep te draf. Rohan Meyer sluit sy kompetisie in 3:39:15 af vir 'n algehele derde plek en as wenner van die 25-29 jaar afdeling.

Die bestemde swemskof van 1.9 kilometer is in totaal geskrap. Dit gebeur min dat een van die drie dissiplines weens weersomstandighede gekanselleer word. Maar Sondag was die water van die Theewaterskloofdam teen 11.2 grade Celsius eenvoudig te koud. Die byeenkoms is dus met 'n hardloopsessie van 5 km afgeskop, waarna die deelnemers vir 90 km in die fietssaal gesit het voordat die laaste 15 km gehardloop is.

Burger klop sy mededingers in beide dissiplines en staan nie 'n sekonde af op sy voorsprong nie.



TAAI AAN DIE VOORPUNT

“Ons het die pas redelik hard gedruk in die eerste 5 km waar ons drie ouens was wat weggebreek het. Ek het twee sekondes voor Marais die oorgangsarea ingehardloop, met Meyer weer drie sekondes agter hom,” het die kampioen aan Republikein vertel.

“Ons was drie ouens wat die eerste 45 km op die fiets saam gery het. Die ryer in die derde posisie het nie saam met ons gewerk nie.

“Hy het basies net daar gesit en ons sleurstroom gebruik en toe besluit ek en Marais om van hom weg te breek.

“Marais is 'n taai, slim en uitgeslape atleet wat 'n jaar gelede nog professioneel aan triathlons deelgeneem het en ek moes 'n plan beraam om hom geestelik te klop. Hy is 'n ervare kalant, maar ek het met 5 km op die fiets oor besluit om aan te val, want hy is 'n sterk hardloper en kom ook uit 'n agtergrond waar hy vir Maties gehardloop het.

“Ek kon daarin slaag om 18 sekondes voor Marais van die fiets af te spring en my voorsprong in die laaste hardloop­skof te vergroot. In die eerste ronde van 5 km het ek die gaping tot 'n minuut vergroot en daarna stelselmatig daarop voortgebou om met 1 minuut 56 sekondes voor hom klaar te maak.

“Ek is tevrede met my vertoning. Genadiglik kan ek nou my lyf vir 'n rukkie laat rus. Oor twee weke is ek in Windhoek om saam met die Mannie's Bike Mekka-span die Tour de Windhoek-fietstoer te ry en sien ook uit daarna om vir 'n slag by die huis te wees.”

Die algehele topdrie se uitslae in die drie dissiplines:

1. Jean-Paul Burger 5 km hardloop 16:07 / 90 km fietsry 2:22:44 / 15 km hardloop 51:45.

2. Stuart Marais 16:09 / 2:23:02 / 53:41.

3. Rohan Meyer 16:12 / 2:24:27 / 56:53.

Soortgelyk

 

Miltsiekte-uitbrekings by Bwabwata, Sesfontein

27 minute gelede | Gesondheid

Dertien mense van die Sesfontein-omgewing het vermoedelik miltsiekte opgedoen nadat hulle die vleis van diere geëet het wat weens dié gevreesde siekte gevrek het.Dié inligting...

Geen borgtog vir vrou wat babaseuntjie glo ontvoer

3 ure gelede | Misdaad

‘n Vrou wat in hegtenis geneem is vir die beweerde ontvoering van ‘n tweemaande oue babaseuntjie Sondag, is borgtog in die landdroshof op Rehoboth geweier....

Ondersoek staatskaping in Namibië, vra PDM

4 ure gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer - Namibië se amptelike oppposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), sê hy “raak al meer daarvan oortuig die Namibiese staatsmasjienerie is gekaap” en...

Getuie pak skuld op Katrina

17 ure gelede | Howe

Denver KistingMe. Katrina Hanse-Himarwa, die destydse goewerneur van die Hardapstreek, het vier jaar terug gesê 'n lys van begunstigdes van die massabehuisingsprojek op Mariental moet...

'Robocop' vir pille

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – In ’n hospitaal in Namibië is ’n robot met die naam Eva wat binne sekondes sorg dat elke pasiënt met sy of...

Nog twee dood ná gru-ongeluk

17 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause - Die ongeluk waarin sewe mense verlede Woensdag tussen Otjiwarongo en Otavi gesterf het, het nog twee se lewe geëis. Die ongeluk het...

Waterbestuur by skole kan 50% spaar

17 ure gelede | Plaaslik

Elvira HattinghIndien die munisipaliteit se voor­gestelde waterbestuurmaatreëls aan die onderwysministerie by skole toegepas sou word, kan hul waterrekeninge met minstens 50% verminder, meen 'n kenner....

Weer vir 14

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre Noorde en Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm.GETYE...

Unam-staking verby

17 ure gelede | Onderwys

Die 11 dag lange staking van dosente en ander werknemers van die Universiteit van Namibië (Unam) het Maandagaand tot 'n einde gekom. Die verteenwoordigende vakbonde,...