Geen kadawers
Die skenkingsooreenkoms tussen Namibië se mediese skool en die US eindig in Junie.
Henriette Lamprecht - Sowat 300 mediese studente verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool (SOM) sal jaarliks daaronder ly indien liggame vir disseksies nie beskikbaar is nie.
Tans verskaf die Universiteit van Stellenbosch (US) jaarliks 15 liggame aan SOM, maar dié ooreenkoms verstryk einde Junie.
Studente wat disseksies moet doen, sluit buiten mediese studente ook aptekerswese-, fisioterapie- en tandheelkundestudente in.
Dit kos sowat N$15 000 om ‘n liggaam tussen Namibië en Suid-Afrika te vervoer.
Volgens prof. Jan Smit, hoof van die anatomie-departement, word disseksie in die opleiding van dié studente vereis.
“Dit is dus vir ons uiters noodsaaklik om hiermee voort te gaan soos die kursusse volgens hul inhoud goedgekeur en geakkrediteer is,” sê hy.
Smit het gesê daar is wel liggame beskikbaar. ’n Oorvloed lyke word in haglike omstandighede gehuisves weens ’n tekort aan geld vir onmiddellike verassing, het hy gesê.
“Dié liggame kan van nut wees in die opleiding van ons toekomstige dokters. Die koste kan deur die universiteit gedek word.”
Toestemmingsvorms
Vorms is reeds by Smit se departement beskikbaar waardeur toestemming verleen word om ‘n liggaam in besit te neem en te behandel sodat disseksie later kan plaasvind.
“Alle dokumentasie, insluitende die doodsertifikaat en identiteitsdokument, word by die departement bewaar tot die oorskot begrawe of veras word,” sê hy.
Smit verduidelik tydens die balsemproses word sowat 20 liter balsemvloeistof deur middel van ‘n kanule deur die are van die liggaam gepomp. Die vloeistof dring die weefsel binne en preserveer dit vir ’n lang tydperk.
“Sodra ‘n liggaam gebalsem is, word daarna as ‘n kadawer verwys. Dan word dit in ‘n koelkamer geplaas vir ten minste drie weke sodat die vloeistof behoorlik deur die liggaamsweefsel kan filtreer.”
Die liggaam kan vir jare behoue bly, mits verdamping beperk is en dit met balsemvloeistof klam gehou word.
Smit sê die inspekteur van anatomie in die Wes-Kaap is volgens die Anatomiewet van 2013 verantwoordelik vir die regulering van menslike weefsel en die liggame wat van die US verkry is.
Toestemming en amptelike dokumentasie word hier verkry voor dit na Namibië gestuur word.
SOM is daarna “verbruikers" wat aan die inspekteur verslag moet doen.
N$15 000 per liggaam
Volgens Smit is die liggame deur die US gebalsem en jaarliks deur ’n begrafnisondernemer per voertuig van die Kaap af na Windhoek vervoer.
Na ’n jaar se disseksiegebruik is dit teen ’n koste van N$15 000 per liggaam teruggestuur.
Ná konsultasie met Namibië se prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, is ’n dokument oor die skenk van liggame aan die mediese skool opgestel.
Dit bevat uittreksels uit die Wet op Menslike Weefsel van 1983 en die ordonnansie op menslike weefselskenkings en post mortem-ondersoeke (1977) wat voorsiening maak vir skenkings, ondersoeke en disseksie van menslike oorskot.
Dié dokument is aan onder meer die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila en die minister van gesondheid en maatskaplike welsyn, dr. Bernard Haufiku, gestuur.
“Ons hoop dit bereik en oorreed alle instellings om onopgeëisde liggame aan ons beskikbaar te stel om gebalsem en gebruik te word.”
Smit sê voorts SOM is deeglik bewus van die tradisies en gebruike van die plaaslike bevolking en dat dit “baie moeilik sal wees om te oorbrug”.
Respek
Die liggame word egter te alle tye met die grootste omsigtigheid en respek hanteer, sê hy.
“Nuwe studente word bewus gemaak van die besonderse voorreg om ter voorbereiding van hul onderskeie beroepe op menslike liggame te werk.”
Die liggaam word ook die student se eerste "pasiënt", terwyl ’n seremoniële diens, gelei deur ’n geestelike leier, pastoor of predikant voor die aanvang van die disseksies gehou word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie