Geen hondelewe vir Heinzi meer

Swakopmundse brakkie steel harte

12 July 2019 | Mense
Elvira Hattingh - Die verhaal van ‘n bejaarde hond van die Swakopmundse Dierebeskermingsvereniging (DBV) wat nou Duitsland sy tuiste noem ná ‘n burger van dié land haar hart op hom verloor het, het harte oraloor die wêreld aangegryp.

Heinzi het op 10-jarige ouderdom reeds twee jaar by die DBV vertoef en sy kanse om aanneming was skraal – veral omdat hy van die ouer garde was.

Alles het verander toe me. Conny Schnaegge vir haar dogter, me. Lisa Wehner, uit Duitsland in Namibië kom kuier het en hulle gereeld met die DBV se honde gaan stap het.

Schnaegge het toe reeds vir Heinzi liefgeraak. Met haar terugkeer na Duitsland het sy aangehou om “liefde, groete en skenkings” aan die Swakopmundse DBV te stuur.

Die DBV sê Heinzi se oorspronklike eienaars het in 2017 reeds afstand van hom gedoen.

“Daar word meestal verby die senior inwoners by die DBV gekyk en ons het al daaraan gewoond geraak dat hulle by ons aftree en hul laaste jare by ons bestee,” het die DBV in hul webjoernaal geskryf.

Die DBV se bestuurder, me. Ingrid Gürtel, het aan Republikein gesê Heinzi is ‘n “Swakopmund special”.

In Januarie vanjaar het Schnaegge weer besoek aan Namibië afgelê en nog liewer vir Heinzi geraak. Toe reeds het die DBV begin met die administratiewe proses om die hond na Duitsland te laat emigreer, waar Schnaegge vir hom ‘n tuiste wou bied.

HEINZI SE DAG

Op 5 Julie het die DBV op hul Facebook-blad geskryf “Heinzi se dag het eindelik aangebreek” en hy is op pad Duitsland toe – met sy “tandeborsel, haarborsel en Hello Kitty-slaapklere ingepak”.

“Ná maande se opwinding en afwagting, hondsdolheidspuite, papierwerk en meer, het ons hom by die Walvisbaaise lughawe afgesien.

“Dit was ‘n emosionele oomblik toe ons hom finaal groet en toegekyk het hoe hy in die vliegtuig gelaai word. Die trane het geloop – hartseer, maar tog só dankbaar,” het die DBV op hul Facebook-blad geskryf.

Heinzi het vir ‘n kort rukkie in Windhoek afgeklim waar hy vir oulaas bene in Afrika kon rek, voor hy na sy nuwe tuiste gevlieg het.

“Ons het vir hom ‘n kalmeermiddel, gemaklike beddegoed asook ‘n hemp met sy ‘Swakopmund-ma’ se reuk op gegee. Wehner het Heinzi gereeld op Swakop vir stappies geneem en hom naweke huis toe geneem.

“Die trane het geloop terwyl ons gewag het dat die vliegtuig opstyg. Mense laat hul troeteldiere so maklik agter met ‘n verskoning soos dat hulle verhuis en die hond nie kan saamneem nie. En hier neem ‘n vrou vir Heinzi aan om in Duitsland saam met haar te gaan woon!” het die DBV geskryf.

Heinzi het die vlugte goed verdra en het die afgelope Saterdag (6 Julie) in Frankfurt aangekom. Hy moes ‘n laaste keer deur ‘n staatsveearts ondersoek word en nog papierwerk moes afgehandel word voor sy nuwe ma hom kon ontvang.

“Dit was die langste vyf ure van ons lewe, skryf die DBV op hul webjoernaal. Intussen het Heinzi vyfsterbehandeling in die dieresitkamer op die lughawe ontvang en is hy selfs uit sy krat gehaal.”

TRANE VAN GELUK

Eindelik kon Schnaegge vir Heinzi kry.

“Hier gaan ons – trane van geluk!” skryf die DBV kort nadat hulle die nuus ontvang het dat al die formaliteite afgehandel is en Heinzi huis toe kon gaan.

“Die oomblik is deur Heinzi se nuwe gesin beskryf as een van die mees emosionele oomblikke in hul lewens. Heinzi, ons kan ons net voorstel hoe oorstelp jy moes wees!”

Op pad huis toe het die motor waarmee Schnaegge vir Heinzi kom haal het, probleme ondervind en sowat 400 km van Dresden af onklaar geraak.

Dít is egter vinnig uitgeklaar.

By sy nuwe tuiste aangekom, het hy sy nuwe hondesussie, Nele, ontmoet. Hy was aanvanklik effe versigtig en nie baie opgewonde oor haar nie, maar sy nuwe eienaars kon hom oorreed om haar ‘n kans te gee.

Schnaegge het vir die DBV foto’s gestuur, wat toe op Facebook gedeel is.

“Duisende kilometers verder en kyk net na hom, ‘n ou hond van 10 jaar oud, met nog vele jare wat voorlê. Dit is gelyk aan 70+ mensejare,” het die DBV geskryf.

“Hy het nie verstaan waarom hy deur alles moes gaan nie, soos veeartsbesoeke en nogmaals veeartsbesoeke om seker te maak al sy inentings is op datum.

“Heinzi het vir langer as twee jaar gewag om raakgesien en liefgehê te word, vir iemand om hom aan te neem.

“Dit is wat ons by die Swakopmundse DBV doen. Dit is onmoontlik om almal te red, maar wanneer ons die geringste kans het, probeer ons hulle red en vir hulle tuistes vind,” het die DBV geskryf.

Later is nog foto’s gedeel van Heinzi wat in sy eie bed in sy nuwe tuiste lê en saam met Nele swem.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...