‘Geen heilige koeie’ in politieke geweld
Zimbabwe se regerende party, Zanu-PF, het na bewering sy lede gewaarsku om hulle van politieke geweld te weerhou in die aanloop op die land se komende belangrike presidentsverkiesings.
Volgens die staatsbeheerde koerant, die Herald, het die provinsiale voorsitter van Masvingo, Ezra Chadzamira, gesê die party gaan streng teenoor enigiemand optree wat president Emmerson Mnangagwa se opdrag van vrye en regverdige verkiesings ignoreer.
Zimbabwe se verkiesings vind voor die einde van Julie plaas en volg nadat Mnangagwa Robert Mugabe se jare lange heerksappy in November onderbreek het en ná militêre oorname die leisels as president oorgeneem het. Hy het beloof om regverdige verkiesings te hou om te verseker dat Zimbabwe “die wêreld as ’n gekwalifiseerde demokratiese staat” in die oë kan kyk - die teenpool van Mugabe se era.
Volgens Chadzamira sal daar “geen heilige koeie” wees wanneer dit by die hantering van geweldsoortreders kom nie.
“Die president het dit baie duidelik gemaak daar is geen ruimte vir politieke geweld in Zimbabwe nie. Hy het ook by verskeie internasionale forums herhaal die nuwe regering veroordeel alle vorme van geweld. Ek is bly president Mnangagwa is baie duidelik daaroor dat oortreders van politieke geweld sonder vrees of voordeel hanteer sal word. Daar sal geen heilige koeie wees nie,” het Chadzamira gesê. - News24/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie