Geen geld om 2019 se wenners te beloon
Sportkommissie
Die Namibiese Sportkommissie (NSC) is steeds op soek na N$910 000 om atlete te beloon wat verlede jaar medaljes by die Afrika-spele, die Wêreldatletiekkampioenskap en die Paralimpiese wêreldkampioenskap gewen het.
Die NSC se hoofadministrateur, mnr. Freddy Mwiya, het aan Nampa gesê sy kantoor het 'n skrywe aan die ministerie van sport, jeug en nasionale diens gerig, wat onderneem het om geld vir die beloning van hierdie atlete te probeer vind.
“Ons wag om van hulle terug te hoor, want hulle sal dié geld van die ministerie van finansies moet verkry,” het hy gesê.
Die sportministerie se direkteur van sport, mnr. Sivhute Katamba, het in 'n onderhoud aan Nampa gesê die ministerie is tans nie in 'n finansiële posisie om al die betrokke medaljewenners te vergoed nie.
“Ons het tevore met die Sportkommissie hieroor gekommunikeer. Dit sou wonderlik gewees het as daar ongebruikte geld was, maar die ministerie se begroting is ten volle bestee en niks daarvan sal na die tesourie terugkeer nie.”
Katamba het versoek dat alle rolspelers verdraagsaam met die ministerie moet wees, aangesien hulle “oortyd werk” om die geld in die hande te kry.
Die ministerie het tans verskeie verpligtinge, maar sodra dié betalings afgehandel is, kan die presterende atlete uitbetaal word soos in die nasionale beleid oor internasionale sportprestasies uiteen gesit word, het hy gesê.
“Ons het nie vergeet van hierdie atlete wat vir hul land goed gevaar het nie; dit is net dat ons nie op die oomblik die geld het nie,” het Katamba gesê.
By die 2019 Afrika-spele in Marokko het die Namibiese span agt medaljes in fietsry, boogskiet en boks gewen. Hiervan was twee goud, twee silwer en vier brons.
By die 2019 Wêreldatletiekkampioenskap in Doha, Katar, het Helalia Johannes 'n puik bronsmedalje in die vrouemarathon behaal. Die Namibiese siggestremde naelloper Johannes Nambala het by die 2019 Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) se wêreldatletiekkampioenskap in Dubai het 'n goue en 'n bronsmedalje in die 400 en 100 meter (T13-klas) behaal.
Die nasionale beleid bepaal dat 'n goue medalje by die Paralimpiese wêreldkampioenskap met N$100 000 en 'n brons met N$50 000 beloon word. Aan atlete wat brons by die Wêreldatletiekkampioenskap behaal, word N$50 000 toegeken.
Afrigters is geregtig op N$50 000 vir elke goue medalje en N$20 000 vir 'n brons.
By die Afrika-spele kon wenners van goue, silwer- en bronsmedaljes onderskeidelik N$80 000, N$60 000 en N$40 000 as beloning van die regering losslaan. Afrigters kom in aanmerking vir N$35 000 (goud), N$25 000 (silwer) of N$15 000 (brons).
• 'n Lid van die Sportkommissie se finansiële komitee, mnr. Junias Hamalua, het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die sportministerie sal 'n begroting van N$48 miljoen vir goedkeuring in die finansiële jaar 2020-'21 voorlê.– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie