Geen fosfaatontginning sonder klaring

Hofsaak afgehandel

01 July 2021 | Howe
Augetto Graig

Regter Harald Geier het sy lang gewagte hofuitspraak oor ondersese fosfaatmynbou in Namibië gelewer.

Die Konfederasie van die Namibiese Visseryevereniging, die Namibiese Stokvisvereniging, die Midwater-treilvisseryevereniging en Omuala Fishing het ’n regsgeding in November 2016 teen Namibia Marine Phosphate (NMP) aanhangig gemaak. Hulle wou keer dat fosfaatmynbou in Namibiese waters voortgaan.

NMP se beplande Sandpiper-projek vir fosfaatmynbou op die seebodem naby Walvisbaai is gister ’n nekslag toegedien nadat die hoërhof beslis het geen aktiwiteite mag sonder ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) geskied nie.

Geier het dié bevel uitgereik in 'n saak waarin die wettigheid van 'n omgewingsklaringsertifikaat wat die maatskappy bekom het, nadat dit in Julie 2011 'n mynlisensie gekry het, bevraagteken is.

Geier het bevind verteenwoordigers van die visbedryf het die reg om die aansoek te bring, en die kwessie gevolge dra vir die Namibiese mariene omgewing wat deur die Grondwet beskerm word.

Hy sê NMP het op die laaste moontlike dag, ses maande ná hul mynlisensie uitgereik is, net ’n voorlopige omgewingsbestuursplan ingedien, terwyl ’n finale verslag ’n voorwaarde van die lisensie is.

Fosfaatmynbou op die seebodem is ’n aktiwiteit gelys in artikel 57 van die omgewingsbestuurwet en kan nie sonder omgewingsklaring gedoen word nie, volgens die regter.

Geier het belangrike datums in die beslissing uiteengesit; vanaf 2010 toe NMP omgewingskenners aangestel het om met die omgewingsimpakstudie te begin, 2011 toe die mynlisensie op 13 Julie uitgereik is en met die omgewingsbestuursplan begin is, en 2012 toe die konsepbestuursplan ingedien is.

Die omgewingsbestuurswet wat in Februarie 2021 in werking getree het en in April 2012 toe die finale bestuursplan ingedien is. In opdrag van die omgewingskommissaris is met die visseryeministerie en visbedryf daaroor beraadslaag. Op 10 September 2013 het die kabinet ’n 18 maande verbod op die uitreik van omgewingsklaring vir dié projek aangekondig.

Ná die verbod in Maart 2015 tot ’n einde gekom het, wou NMP navorsing gebruik om belanghebbers se ondersteuning vir die projek te bekom, maar die ministerie van visserye en mariene hulpbronne was gekant teen die toekenning van ’n omgewingsklaringsertifikaat.

Die omgewingskommissaris het steeds in September 2016 ’n EEC uitgereik, wat later weer opgeskort is, en op 1 November is die aansoek teen NMP ingedien.

Met sy beslissing dat NMP nie met fosfaatmynbou op die seebodem sonder ’n geldige omgewingsklaringsertifikaat kan voortgaan nie, is die hofsaak afgehandel wat amper vyf jaar die ontwikkeling van die projek vertraag het. - [email protected]

Soortgelyk

 

Kuier saam met Cassidy onder die sterre

49 minute gelede | Kuns en vermaak

By die Night Under the Stars (NUTS)-konsert wat op Vrydag 1 Oktober plaasvind, sal die plaaslike musikant Cassidy op die verhoog te sien wees. Dié...

Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg

2 ure gelede | Gesondheid

Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan...

Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val

3 ure gelede | Misdaad

'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die...

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

8 ure gelede | Internasionaal

Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.Dit beteken egter nie mnr. Olaf...

Klein, maar getrain

16 ure gelede | Landbou

William Klazen junior (5) van Windhoek is gister aangewys as die beste kindertouleier by die Windhoek Skou in die afdeling vir nul tot ses jaar....

Tragedie tref ná rugbywedstryd

16 ure gelede | Plaaslik

Andrew Poolman – Die tragiese heengaan van Edwardo Nell kort ná ’n rugbywedstryd Saterdag is vir FNB Wanderers-klub en die rugbygemeenskap ’n diepe skok.“Ons is...

Nida probeer kraaines oor geldsake ontrafel

16 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) is besig om ‘n regsmening in te win oor sy wetlike verpligting om die mediesefondsbydraes...

Rowers buit byna ’n miljoen in Walvisbaai

16 ure gelede | Misdaad

Dani Booysen en Erongo-redaksie – Die Namibiese polisie het bevestig gewapende rowers het Saterdagoggend by Pupkewitz MegaBuild in Walvisbaai N$943 616,84 gesteel.Vyf mans – twee...

Naweekpret by ‘motorhuismark’

16 ure gelede | Gebeure

Windhoek Express (WE) se eerste Garage Market het Saterdag plaasgevind. Markgangers kon verskeie stalletjies met handgemaakte items en produkte deur plaaslike entrepreneurs besoek, musiek luister...