Geen flakka in Namibië
Tanja Bause - Die dwelm flakka is volgens die polisie nie in die land nie.
“Op sosiale media word gerugte versprei dat flakka in Namibië is. Dit is nie waar nie en geen so ’n voorval is by die polisie aangemeld nie. Niemand is nog in hegtenis geneem vir die besit daarvan nie,” het 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, gesê.
Flakka, wat ook die zombie-dwelm genoem word, is ’n sintetiese dwelm met gevaarlike newe-effekte. Dit kan lei tot die styging van liggaamstemperatuur, slaaploosheid, verhoogde bewustheid, angsaanvalle, verhoogde bloeddruk en aggressie.
“Ons het na video’s gekyk wat op sosiale media versprei word van mense wat flakka gebruik. Dit blyk baie gevaarlik te wees, daarom is dit vir ons groot rede tot kommer en is dit iets wat ons moet beveg,” het Shikwambi gemaan.
Volgens haar moet Namibiërs waaksaam wees en nie toelaat dat flakka die land binnekom nie.
“Ons moedig ieder en elk aan om onmiddellik die polisie te kontak, sou hulle in aanraking kom met flakka of iemand wat dit gebruik of verkoop. Ons moedig ook ouers aan om hul kinders dop te hou en met hulle oor die gevare van dwelms te praat,” het sy beklemtoon.
Flakka kan gesnuif, gerook, ingespuit of selfs geëet word en is hoogs verslawend. Dit word dikwels as lekkers vermom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie