‘Geen Fishrot-pennie in Swapo-rekening’

Party gepeper met vrae

13 July 2020 | Regering
Denver Kisting – “Hoekom moet ek dom wees om nadat ek ’n goeie, morele lewe gelei het en terwyl ek net ’n paar jaar oor het, my toekoms te vernietig?”

So wou pres. Hage Geingob gistermiddag op ’n Swapo-nuuskonferensie in Windhoek by joernaliste weet toe hy en die regerende party se leiers moes bontstaan om vrae te beantwoord.

Hy het dié saamtrek byeengeroep om as president van die party te reageer op bewerings dat hulle munt geslaan het uit sogenaamde Fishrot-geld.

Verlede week tydens die formele aansoek om borgtog van mnr. Bernhard Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, en sy skoonseun, mnr. Tamson “Fitty” Hatuikulipi, in die Windhoek-landdroshof is beweringe opnuut gemaak dat verlede jaar se Swapo-verkiesingsveldtog deels deur Fishrot finansieel ondersteun is.

Geingob en Swapo se sekretaris-generaal (SG), me. Sophia Shaningwa, het albei gistermiddag aangevoer geen enkele Fishrot-pennie is in die regerende party se bankrekeninge betaal nie.

Volgens hulle kan hulle geouditeerde finansiële state van Swapo verskaf om dié standpunt te staaf.

“Nie enige direkte bydrae (van Fishrot) nie. Swapo as ’n party het nie enigiets in sy rekeninge gekry nie.”

Oor transaksies tussen individue kan hulle nie pa staan nie, het albei gesê.

Aanvanklik het Geingob op ’n vraag van Republikein oor tot water mate die hofsaak beïnvloed sal word indien hy sou sê of sy verkiesingsveldtog gedeeltelik deur Fishrot-geld befonds is al dan nie, voet by stuk gehou hulle wil nie by die hofproses inmeng nie. “Ons gaan nie inmeng nie. Die howe is onpartydig. Ons gaan onsself ook nie (hier) verdedig nie.”

Geskiedenis onduidelik

Tot 18 November verlede jaar was daar wetlike onduidelikheid oor die maksimum bedrag vir skenkings aan politieke partye waarná ’n openbare kennisgewing vereis word, het Geingob gesê.

Die party het nietemin ’n ondersoek van stapel gestuur na die oorsprong van skenkings aan Swapo “om ons in staat te stel om regstellende stappe te doen”, het hy aangevoer.

Dit sal volgens hom egter nie so maklik wees om agter die kap van die byl te kom nie, sê hy.

Daar was gister geen duidelikheid oor wat sou gebeur indien die party se ondersoek vasstel sekere skenkings het ’n onwettige of onregmatige oorsprong gehad.

Republikein wou onder meer by hom weet of Swapo in daardie geval die skenkings sou terugbetaal.

Die verwagting was in die verlede dat wanneer instellings skenkings aan Swapo maak, dié toegewings wettig is en voldoen aan die skenker se eie interne beheermaatreëls, het Geingob gesê.

Swapo het hom einde verlede jaar verbind tot die hersiening van sy beleid oor skenkings, sê Geingob.

Derhalwe moet skenkings in die toekoms uitsluitlik deur die kantoor van die SG gekoördineer word, sê hy.

Esau en Hatuikulipi is sedert 27 November verlede jaar in aanhouding weens hul beweerde betrokkenheid by die grootskaalse plundering van Namibiese viskwotas. Dié beweerde plundering het sedertdien as die Fishrot-skandaal bekend geword.

Hulle is op dié dag saam met mnre. Sacky Shanghala, die oudjustisieminister, Ricardo Gustavo, James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo in hegtenis geneem.

Hulle het almal reeds talle onsuksesvolle pogings aangewend om vrygelaat te word.

Presidensiële bates

Intussen het Geingob gister gesê wanneer hy eersdaags sy bygewerkte bates verklaar, is hy voornemens om die oorsprong van sy welvaart ook uiteen te sit.

Hy en eerste dame, me. Monica Geingos, het albei hul bates in die openbaar verklaar toe hy in 2015 aan bewind gekom het.- [email protected]

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

53 minute gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

16 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...