'Geen dagga in die pot'
'Geen dagga in die pot'

'Geen dagga in die pot'

Die hof het gister gehoor twee mans wat saam met vier ander aangekla is van sameswering tot moord, het nie dagga verbrand toe hulle in hegtenis geneem is nie.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Me. Annastancia Lubinda en vyf mans wat glo saamgesweer het om haar eggenoot te vermoor, het gister weer in die Windhoek-hoërhof voor waarnemende regter Johanna Salionga verskyn.

Die staat beweer dat Lubinda en haar medebeskuldigdes, David Matali (47), David Kondjara (36), Abiud Uazeua (37), Donald Hindjou (27), en Dollam Tjitjahuma (29), in Maart 2015 saamgesweer het om Libinda se man, Peter Riscoh Muleke (36), te vermoor. Hulle staan tereg op klagte van moord, sameswering tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Uazeua en Tjitjahuma is ook aangekla van die besit van 15 gram dagga en dwarsboming van die gereg. Dié klagte spruit uit gebeure die nag van 31 Maart 2015 toe hulle vir die moord op Muleke in hegtenis geneem is. Volgens die staat het dié twee daardie nag dagga verbrand sodat hulle nie in die besit daarvan betrap kon word nie.

Me. Sharon Tjitjahuma, ’n vriendin van Uazeua en niggie van Dollam Tjitjahuma, was gister in die getuiebank. Sy het getuig sy was op 31 Maart tussen 23:00 en 24:00 by die Ovahimba-kroeg omdat sy die afsetpunt wou ondersteun, toe die polisie daar opdaag.

Volgens haar het die polisiebeamptes Uazeua versoek om die deur oop te maak en toe hy nie aan hul versoek voldoen het nie, het hulle traangas gebruik. Terwyl hulle binne na die deur se sleutel gesoek het, het die polisie die deur oopgeruk. Sharon het getuig dat daar rook van die stoof af getrek het omdat Uazeua besig was om vleis te kook. Die getuie het ontken dat daar dagga of enigiets groen op die stoof was.

Mnr. Bronwell Uirab, Dollam se regsverteenwoordiger, het Sharon ondervra oor die polisie se optrede daardie nag. Hy het gesê dat Dollam onskuldig is en niks van die moord geweet het nie. “Hoe meer hy dit ontken het, hoe meer het hulle hom geslaan” het sy getuig. Volgens haar is Uazeua ook aangerand en het die polisie haar en haar niggie geklap.

Sy het verder getuig dat alles baie vinnig gebeur het en dat hulle nie geweier het om die deur oop te maak nie; hulle het net die sleutel gesoek.

Muleke se lyk is op 30 Maart 2015 in die omgewing van die Goreangabdam gevind. Hy is glo gestenig en van sy selfoon beroof.

Hoewel Lubinda onskuldig gepleit het op die klag van moord, het sy in haar borgtogaansoek in 2015 ’n skuldbekentenis gemaak tot die effek dat Matali die meesterbrein agter die komplot was om haar man te vermoor. Volgens haar skuldbekentenis het sy Matali oor haar huweliksprobleme in haar vertroue geneem waarop hy voorgestel het dat hulle van haar man ontslae raak.

Staatsadvokaat Marthino Olivier tree namens die staat op. Lubinda, Matali, Kondjara, Uazeua, Hindjou en Tjitjahuma word onderskeidelik deur mnre. Milton Engelbrecht, Trevor Brockerhoff, Tuna Nhinda, Mbanga Siyomundji en me. Meriam Kenaruzo verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!