Geen bouers nu00e1 vyf
Geen bouers nu00e1 vyf

Geen bouers ná vyf

Henriette Lamprecht
Bouers in Windhoek moenie toegelaat word om ná 17:00 steeds op boupersele teenwoordig te wees of daar te oornag nie.

Volgens 'n petisie wat deur die Kleine Kuppe-buurtwag op­gestel is, gebruik misdadigers dié persele dikwels ná 'n misdaad as wegkruipplek of gee voor dat hulle deel van die werkerskorps op die perseel is. Die petisie is deur 529 mense onderteken.

Mnr. Sarel Hanekom, voor­sitter van die buurtwag, sê 'n bepaling van munisipale wetgewing kan deur die Namibiese sowel as die stadspolisie toegepas word om te verseker dat geen werkers ná 17:00 op boupersele is nie.

“Volgens wet word geen bouers of kontrakteurs saans op boupersele­ in woongebiede toegelaat nie. Slegs een sekuriteitswag word snags op die perseel toegelaat.”

Volgens die petisie het die aantal inbrake en aanvalle in Kleine Kuppe die afgelope maande ­drasties toegeneem.

“Ons as inwoners moet standpunt inneem en alles moontlik binne die wette van ons land doen om ons gesinne en bure veilig te hou.”

Die petisie gaan aan Nampol, die stadspolisie en verwante verteenwoordigers by die munisipaliteit oorhandig word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!