Geen borgtog vir vrou wat babaseuntjie glo ontvoer
‘n Vrou wat in hegtenis geneem is vir die beweerde ontvoering van ‘n tweemaande oue babaseuntjie Sondag, is borgtog in die landdroshof op Rehoboth geweier. Sharon Kaenjerewandu (24) moet op 13 Desember weer in die hof op ‘n aanklag van ontvoering verskyn.
Kaenjerewandu het na bewering Sondag naby die Blok E-woonbuurt Hendrick Jagger sonder sy ouers se toestemming gevat.
Volgens die polisie was Kaenjerewandu by Jagger se ouerhuis saam met sy ma. Jagger se ma het met haar terugkeer van die toilet ontdek Kaenjerewandu en die seuntjie is weg. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie