Geen borgtog vir vermeende ivoorsmokkelaar
'n Sekuriteitswag, mnr. Risco Chasunda (43), wat Saterdag met 10 olifanttande in die sekuriteitsmaatskappy se voertuig by Katima Mulilo betrap is, is Maandag borgtog in dié dorp se landdroshof geweier.
Landdros Elvis Mwilima het die saak tot 25 September vir verdere ondersoek en moontlike pleitdoeleindes uitgestel. Hy het nie borgtog aan die beskuldigde toegestaan nie, maar gesê hy kan intussen formeel vir borgtog aansoek doen.
Chasunda het op 'n klag van die onwettige besit van beheerde wildprodukte verskyn.
waarskuwingskote
Die saak spruit uit Chasunda se inhegtenisneming Saterdag op die B6-hoofweg ná 'n betroubare informant se wenk aan die Namibiese polisie.
Die polisie het hom op die pad gevolg, maar hy het glo nie gehoorsaam op bevele van die polisie dat hy moet stop nie. Waarskuwingskote is in die lug afgevuur waarná die beskuldigde glo die voertuig langs die pad afgetrek en te voet op die vlug probeer slaan het.
Die polisie kon egter daarin slaag om hom vas te trek en het 10 olifanttande agter in die voertuig gevind. Die staatsaanklaer me. Diana Khama het vir die staat verskyn. Intussen is nog 'n man (26) Saterdag omstreeks 10:30 in China Town in die hoofstad in verband met die onwettige besit van en handel dryf met 'n ietermagôvel sonder 'n permit in hegtenis geneem. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie