Geen borgtog vir twee wat meisies glo aanrand
Twee mans wat tydens Kerstyd in Windhoek in hegtenis geneem is vir beweerde aanranding van hul meisies, is Dinsdag borgtog geweier.
Landdros me. Desire Umunani het die een verdagte, mnr. Barnabas Dauseb, se saak tot 18 Januarie vir verdere polisieondersoek uitgestel. Die moontlikheid dat Dauseb weer gewelddadig teen sy meisie mag optree, is ook in ag geneem.
Hy is op 25 Desember 2018 gearresteer nadat hy haar glo in die regterbeen met ? mes gesteek en ernstig beseer het. Dauseb bly tot sy volgende hofverskyning in aanhouding in die selle by die Wanaheda-polisiekantoor.
Die ander verdagte, mnr. Sebron Silas, is op 23 Desember in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie aangerand en met die dood gedreig het. Landdros Umunani het sy saak tot 20 Januarie uitgestel en die polisieondersoek duur voort. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie