Geen borgtog vir Esau, skoonseun

22 July 2020 | Misdaad
Die oudminister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, en sy skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi, is vanoggend borgtog in die Windhoek-landdroshof geweier.

Jemima Beukes van Namibian Sun, Republikein se susterkoerant, berig landdros Duard Kesslau is van mening die staat het ’n sterk saak teen die tweetal.

Volgens die landdros kan die beweerde plundering van die land se minerale hulpbronne nie geduld word nie.

Mense het vertroue in die regstelsel verloor deur die veronderstelling dat beskuldigdes wat van witboordjiemisdade verdink word altyd op borgtog vrygelaat behoort te word, het Kesslau gesê.

Die mans word saam met mnre. Sacky Shanghala, die oudjustisieminister, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo, van die grootskaalse plundering van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar beskuldig.

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

6 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

7 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

12 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

23 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

23 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

23 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

23 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

23 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...